Kortnuus 24 September 2021
Otjiwarongo
Nuwe raadslid ingesweer.
Die Independent Patriots for Change (IPC) het me. Fearika Botha as nuwe lid van Otjiwarongo se dorpsraad aangewys.
Botha is Dinsdag ingesweer. Sy vervang wyle me. Lee-Ann Liebenberg, wie se lewe in Julie deur Covid-19 geëis is.
Die munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Moses Matyayi, het haar – en ander raadslede – versoek om hul eed na te kom om aan kiesers se belange uitdrukking te gee.
Swapo het vier van die dorp se sewe setels. – Ester Kamati
Opuwo
Vakbond kom op vir onnies
‘n Onlangse versoek deur ouers om die skoolhoof en ‘n onderwyser van die Primêre Skool Ongongo wes van Opuwo uit hul poste te verwyder, is deur die onderwysvakbond Nantu verwerp.
Ouers het die twee van onbevoegdheid, veediefstal en die verkoop van alkohol op die skoolterrein beskuldig.
Volgens mnr. Laurence Ignatius Kamati sal Nantu hom nie aan die oproerige “kaskenades” steur nie. Daar is volgens hom geen bewyse van die beweerde wangedrag nie. – Nampa
Omitara
Plaas tot plaas vir inentings
Waninligting en samesweringsteorieë ondermyn volgens die goewerneur van Omaheke die inentingsveldtog teen Covid-19 in die streek.
Mnr. Pio Nganate het op Omitara gesê die weerstand word dikwels tydens plaas-tot-plaas en huis-tot-huis besoeke ervaar.
Die streek het die hoogste sterftesyfer weens Covid-19; 250 uit byna 4 000 gevalle, oftewel 6,3%, maar mense uit Omaheke het ook in hospitale in ander streke beswyk. Die nasionale gemiddeld is 2,7%. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie