Kortnuus 26 Mei 2021
Internasionaal
Lig die voet van die pedaal
‘n Beroep is tydens verlede week se internasionale week vir padveiligheid gedoen vir ‘n spoedbeperking van 30 kilometer per uur waar voertuie tussen baie voetgangers beweeg.
Volgens die Verenigde Nasies (VN) sterf iemand elke 24 sekondes in ‘n motorongeluk. Motorongelukke eis wêreldwyd 3 600 lewens per dag.
Die VN se dekade vir padveiligheid duur tot 2031.
Angola
Ambassadeur besoek droogtegeteisterdes
Namibië se ambassadeur in Angola, mnr. Patrick Nandago, het onlangs die suide van Angola besoek waar inwoners weens die heersende droogte aan ernstige voedselnood uitgelewer is.
Hy het kosvoorrade wat deur die visverwerkingsaanleg van African Selection Trust (AST) SA by Tombwa in die Namibe-provinsie geskenk is, aan mense by Bibala en Virei uitgedeel. Hy het ook 'n besoek aan dié aanleg gebring.
Windhoek
Shikongo, Indongo en Frederik vereer
Staatshuis het Vrydag aangekondig dat wyle mnr. Mathew Shikongo, ‘n oudburgemeester ‘n staatsbegrafnis sal ontvang.
Hy was vir ‘n dekade lank Windhoek se burgemeester.
Oudbiskop Hendrik Frederik van die Lutherse kerk en mnr. Naftali Indongo, ‘n oorlogsveteraan, se begrafnisse sal amptelik ondersteun word om hul bydraes tot die land te erken. - Nampa
Keetmanshoop
Inwoners betoog oor vermiste kind
Ongeveer 50 mense het tydens ‘n vreedsame protesoptog die polisiemag in die //Kharasstreek versoek om te verduidelik waarom speurders steeds nie die vierjarige Mandela Nakale kon opspoor nie.
Nakale het op 28 Desember 2020 op Lüderitz vermis geraak. Hy het vir die vakansie by sy pa gaan kuier.
Die soektog moet volgens betogers landwyd en na buurlande uitgebrei word. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie