Kortnuus 7 Februarie 2022
Rundu
Opleiding vóór trouklokke lui
Die stigter van die Namibië Huweliksraad (NAMC) sê wetgewing moet gewysig word sodat paartjies verpligte opleiding ontvang voor hulle in die huwelik tree.
Mnr. Paulus Hawanga sê mense spandeer hope geld op troues, maar verstaan nie die essensie van die huwelik nie.
Die intense opleiding moet ses maande duur, of selfs ‘n jaar. - Nampa
Windhoek
Stadsraad het te min feite
Windhoek se vorige burgemeester, dr. Job Amupanda, het tydens verlede week se sitting van die stadsraad voorgestel elke lid moet ‘n navorsingsassistent kry.
Sy plaasvervanger, me. Sade Gawanas van die LMP, het hierdie en twee ander mosies van Amupanda ronduit verwerp, onder meer weens die finansiële implikasies. – Nampa
Mariental
Gemeenskapsdiens nou ook in Hardap
Landdroshowe op Mariental, Maltahöhe en Aranos sal voortaan ook gemeenskapsdiens as straf vir mindere oortredings beproef.
Die besluit is Vrydag aangekondig en verminder volgens komm.genl. Raphael Hamunyela korrektiewe dienste se uitgawes.
Die stelsel word nou in 34, byna 80%, van 43 geoormerkte landdrosdistrikte benut. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie