Kortnuus uit die misdaadverslag
Kortnuus uit die misdaadverslag

Kortnuus uit die misdaadverslag

Kristien Kruger
POLISIE ONDERSOEK ONVERKLAARDE MOORD

’n 45-jarige man is Saterdag omstreeks 05:00 met ’n steekwond in sy maag in Tsumeb se informele nedersetting Nomtsoub gevind. Hy is na die hospitaal gehaas, maar was dood verklaar.

Volgens die verslag is niemand nog in hegtenis geneem nie en duur die polisie ondersoek voort.

• In dieselfde nedersetting is twee mans, 32 en 25, in hegtenis geneem nadat hulle ’n polisiebeampte verskeie kere oor die kop geslaan het. Die polisiebeampte het volgens die verslag ernstige beserings opgedoen en is tans in die hospitaal op Tsumeb in ’n stabiele toestand.

MINDERJARIGE EN GESTREMDE KRY BABAS NA VERKRAGTING

’n 25-jarige man het na bewering vir die afgelope tien maande ’n seksuele verhouding met ’n 14-jarige meisie wat in die Okongo informele nedersetting woon. Volgens die wet is sy nie in staat om toestemming te gee nie.

Sy het volgens die verslag swanger geraak en het nou ’n twee maande oue baba saam met die verdagte.

Hy is in hegtenis geneem en sal vandeesweek sy eerste verskyning in die hof maak.

• ’n Man is ook die afgelope naweek in Narraville in hegtenis geneem vir die verkragting van ’n 24-jarige vrou wat glo verstandelik gestremd is.

Hy het haar volgens die verslag vanaf Desember 2020 tot Maart 2021 verskeie kere verkrag.

Sy het ook swanger geword en die baba is reeds in Desember verlede haar gebore.

“Die identiteit van die oortreder is bekend, maar hy is nog nie in hegtenis geneem nie,” lui die verslag.

• ’n 26-jarige vrou is Saterdag omstreek 01:20 deur twee mans verkrag toe hulle by haar huis in Naukale Flats in Ondangwa ingebreek het. Die twee mans het haar volgens die verslag met ’n mes gedreig.

Hulle het haar televisie gesteel, maar dis glo later teruggekry. Een verdagte is reeds in hegtenis geneem en het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn. Die tweede verdagte is nog nie opgespoor nie.

GEWAPENDE ROOF IN OTJOMUISE EN RUNDU

In Beijingstraat in Otjomuise is ’n huis in die vroeë oggendure Vrydag beroof. Vuurwapens is op die inwoners gerig en goedere ter waarde van N$60 000 is gesteel. Dit sluit in twee televisies, twee selfone, ’n skootrekenaar, Playstation en twee skoolsakke. Volgens die verslag is geen van die gesteelde goedere nog teruggevind nie.

• Die Yeta-winkel in Rundu is ook Vrydagoggend deur gewapende mans beroof. ’n Geweer is glo op die 38-jarige vroulike kassier gerig en die ander werknemers is met pangas gedreig.

Volgens die verslag het die verdagtes ’n sak met sowat N$16 000 kontant gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

WEERLIG SLAAN VROU DOOD

’n Vrou is Vrydag omstreeks 18:20 voor haar huis in die Oipapakane informele nedersetting deur weerlig geslaan en is op slag dood.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!