Koës-moorde: Nee vir borgtog
'n Groot groep mense uit die landbougemeenskap in die Suide is reeds saamgetrek by die landdroshof op Keetmanshoop waar die drie mans vanoggend (Maandag) sal verskyn in verband met die moorde op mnr. Giel Botma (79) en vrou vrou, Sarie (80), Vrydagnag op hul plaas Lindeshof sowat 10 km buite Koës.
'n Beroep is gister via sosiale media-kanale op die gemeenskap gedoen om in groot getalle by die hof op te daag in stille protes teen toekenning van borgtog aan die mans.
Die Botmas was geliefde inwoners Koës wat diep spore in die gemeenskap getrap het. Hulle het 60 jaar op Lindeshof geboer waar Botma homself onderskei het as een van mees gerespekteer kleinveeboere in die land wat talle pryse met die topdiere verower het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie