Kos wat smaak soos liefde proe
Estelle de Bruyn - My ma is al ‘n geruime tyd saliger, maar met tye slaan die verlange na haar sommer so uit die bloute toe. En soms is dit sekere kosse wat my diep aan haar herinner.
‘n Roosterbroodjie met appelkooskonfyt en gerasperde kaas saam met ‘n lekker sterk koppie swart tee met baie melk, is my ma se troos vir as ek siek was. Ek glo tot vandag toe daar is ‘n magiese geneesmiddel in wat ‘n mens dadelik laat beter voel.
Nou die dag het Rosie in die restaurant hier by die werk kaasskons gebak. Dit het my amper bewoë gemaak, want dit was iets wat Willemientjie graag gebak het en wat is nou lekkerder as so ‘n skon, warm uit die oond met die botter wat daarin smelt.
Daar is kos wat in my gedagtes vereenselwig word met liefde en goeie tye.
Op my pa se broer, oom Attie se plaas, het ons gereeld Sondae aangesit by tannie Sannie se Sondagmaal: ‘n stewige skaapboud, bruin oondgebraaide aartappels, groen bone – vars uit die tuin, geelrys en rosyntjies en vir nagereg Jan Ellis-poeding met vars room, wat dieselfde oggend nog met die “sepperytertjie” van die melk afgeskei is.
Die einste tannie Sannie se hande het vir niks verkeerd gestaan nie en haar brood, met aartappel-suurdeeg en daardie souterige plaasbotter, proe ek nou nog as ek my oë toemaak en my gedagtes laat gaan.
Tannie Hênna, wat oorkant die straat van ons gewoon het, kon weer vetkoek bak wat jou mond laat water. Sulke lekker taai-aan-die-binnekant en kraakbruin-aan-die-buitekant vetkoeke, met botter en stroop.
Oor my dierbare vriendin Elsabé, wat nou ver oor die water in Kanada sit, se geregte kan ek nie uitgepraat raak nie: Kreef met Bearnaise sous; Osso Bucco met groen slaai; ‘n heel, vars salm in esdoringstroop en whiskey gebak; die lys is eindeloos en my mond water as ek daaraan dink.
En natuurlik Ruhan, my en Ronelle se braaimaat vir die Republikein-span by vele Meatco Media-braaikompetisies, het ‘n gawe om uit die uitdagendste bestanddele ‘n towermaal op te dis. Op Langstrand was dit die grootste bederf om by die kombuistoonbank rond te hang met ‘n glas wyn en te kyk hoe Ruhan ‘n koningsmaal vir ons berei.
Helaas, ek is nie ryklik geseën met die gawe van bak en brou nie. Moes maar oor die jare leer hoe om ‘n vuur te pak en vleis te braai; soms werk dit goed en die vleis smaak lekker, ander kere, wel, selfs die worshond het al sy neus vir van my braaiprojekte opgetrek.
Die suurdeegbrode wat ek probeer bak, het reuse rysgate, ás hulle rys. Baie van hulle kom uit die oond so plat soos hulle daar ingegaan het. Daardie bruin, oondgebraaide aartappels kon ek ook nog nooit onder die knie kry nie. My vetkoeke is kliphard buite en rou binne en my wens om die perfekte Pavlova-nagereg te bak, was my nog nooit beskore nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie