Kosie Pretorius met gedenklesing vereer
Die Selfhelp-trust van Namibië bied Woensdagaand ‘n huldigingsgeleentheid vir die voormalige leier van die Nasionele Party en later die Monitor Aksiegroep, wyle mnr. Kosie Pretorius, aan.
Dit vind by die Erfdeel-kultuursentrum op die hoek van Bismarck- en Blohmstraat, oorkant die Bittereinder-monument, plaas.
“Hy was onbeskaamd ‘n groot kampvegter vir minderheidsregte en Christelike geregtigheid in die politiek,” sê mnr. Polla Steyn, die organiseerder.
Die hoofitem tydens die geleentheid is ‘n gedenklesing deur prof. André du Pisani, emeritusprofessor in politiek aan die Universiteit van Namibië, getiteld “Fragmente uit die politieke denklandskap van JWF (Kosie) Pretorius”.
“Daarin sal hy die verband tussen identiteit en politiek, die selfbeskikkingsreg van groepe en volkere, politieke en etniese pluralisme en die betekenis van sy idees in die na-onafhanklike politiek en samelewing in ons land en in breër verband skets,” sê Steyn.
Die program sluit ook ‘n biografiese skets van Pretorius en die bekendstelling van ‘n brosjure oor sy lewe en werk in.
“Die feit dat die verrigtinge in die Erfdeel-kultuursentrum plaasvind, is vir die Selfhelp-trust sinvol en betekenisvol. Hy was die dryfveer vir die oprigting en ontwikkeling van hierdie sentrum, wat uit ‘n naslaanbiblioteek, argief en museum bestaan.”
Die geleentheid begin om 18:00.
Belangstellendes word versoek om Steyn by 081 129 9061 of by [email protected] te kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie