Kosie Pretorius se dekadeslange bydrae in perspektief
Gernot W. Schaaf van Swakopmund skryf:
Ek het met groot waardering die berig gelees oor 'n waarlike "groot seder wat geval het" onder die opskrif “Tot siens, Oom Kosie” (17 Julie 2017).
Ongelukkig is daar egter ietsie wat hinder. Histories is daar iets wat nie klop nie.
Dit is my oortuiging dat mens nie 'n skuins waarheid kan laat staan wat dan later as korrek aanvaar sou kon word omdat dit nie opgehelder is nie.
Dit is feitelik korrek dat daar gestel word dat wyle mnr. Kosie Pretorius die leier was van ACN, ens.
Die volle rol van die Nasionale Party van Suidwes-Afrika (NP/SWA) as administrasie en saakmakende deelnemer aan die politieke geskiedenis van ons geliefde land, het gestrek oor 41 jare sedert 1950 tot 1991. Dit kan nie soos "warm lug" wegraak uit die geskiedenis nie. Hierteenoor het ACN bloot 'n ad hoc rol oor uiters 15/16 maande gespeel.
ACN SE TAAK
Ter wille van die ware perspektief kan ek nie anders as om te begin daarby dat ACN gestig was as 'n tydelike front op inisiatief van die toenmalige NP/SWA Kongres - ek meen dit was in September 1988 - met 'n ad hoc opdrag om 'n front daar te stel vir alle minderheidsgroepe wat buite die DTA wou figureer, en wel onder die begrip "groepsregte", in aanloop tot die Resolusie 435-verkiesing van Desember 1989, en wat vir hulself (as eie bevolkingsgroep) wou/sou beding.
Onder andere was dit partye wat onder AG 8 figureer het as sogenaamde tweede vlak owerhede sedert 1980 (op die algemene begrip van die destydse 1977 Turnhalle Konsepkonstitusie wat met konsensus - dus sonder teenstem - aanvaar is). Onder andere verwys ek na die Damaras se UDF, die Basters onder wyle Kaptein Hans Diergaardt, en so was daar leiers uit verskillende bevolkingsgroepe (“peoples”), byvoorbeeld die Duitse Aksie wat (los van die NP/SWA) ook deelgeneem het onder ACN se ad hoc vaandel.
Daardie tyd se kongresbesluit was uitdruklik: “die leier van die NP/SWA sal die Voorsitter van ACN wees”. Mnr. Pretorius was (weereens eenparig voorgestel) die NP/SWA Kongres se nuutverkose leier.
Daartydens was ook die begrip gestel dat die deelnemende partye ook in samewerking met die NP/SWA Hoofbestuur sou funksioneer. Optrede en handeling sou net geld totdat die grondwetskrywende proses ná onafhanklikheid voltooi is. Dan was die ad hoc taak volvoer.
Daar was dus geen “ontbinding van die ACN in 1991” soos in die berig gestel is nie. Volgens die totstandkomingsbepaling van ACN sou die ACN by volvoering van sy taak (deelname aan die daarstelling van 'n grondwetskrywende proses) eenvoudig ophou bestaan.
TYE VAN VERANDERING
Die NP in Suid-Afrika het bepaalde fondse beskikbaar gestel, wat deur onder die vaandel van die "Namib Stigting" met 'n standplaas Windhoek geadministreer is. Hierdie befondsing was onder andere deur alle bevolkingsgroepe se afsonderlike partye wat deel was van ACN benut, en verslag daaroor aan Namib Stigting gedoen.
Ongelukkig het daar uit hierdie reëling sekere onverkwiklikhede ontstaan, later met groot dreinering van fondse aan die NP/SWA kant. Die saak is buite die hof geskik.
Onder andere het dit gelykertyd gelei tot wyle mnr. Jan de Wet en sekere leidende figure wat op die 1990 NP/SWA Kongres uitgestap het ná nóg 'n leierskapstryd. Hierdie mense het hulle stigting binne 'n dag of wat later as "ACN AKTIEF" bekend gestel, en ook met die grootste deel van die Duitse Aksie, en moontlik nog anderes, voortgegaan.
Die NP/SWA het steeds voort funksioneer as 'n eie entiteit, maar baie bewus daarvan dat ons rol, onder daardie vaandel, besig was om uit te speel.
My punt kom dáárby dat die feit is dat ACN 'n ad hoc samestelling was, met 'n ad hoc funksie, wat outomaties uitgeloop het of afgehandelwas nadat die Namibiese Grondwet in Februarie 1990 klaar geskryf is. Net soos die destydse AKTUR voor die 1980-verkiesing in die destydse SWA ook 'n ad hoc funksie vervul het.
MAG SE GESKIEDENIS
Histories het Monitor Aksiegroep (MAG) tot stand gekom in September 1991, dus een jaar later toe daar geen ACN meer bestaan het nie en “die boeke toegemaak is oor die NP/SWA”. Hierdie was mnr. Pretorius, nogeens eenparig verkose MAG-leier, se eie woorde in sy persverklaring op die toe nog bestaande NP/SWA Kongres, die laaste wat wat onder daardie vaandel saamgeroep is, en dus gevolglik die stigtingskongres geword het van MAG.
ACN was dus nie die historiese voorganger van MAG nie.
As een van vier dekadelange kongresverkose hoofbestuurslede in beide die NP/SWA- asook die daaropvolgende MAG-tydvak (byna vyf dekades), voel ek dit is my verantwoordelikheid dat die historiese perspektief nie behoort verwring te word nie.
Ek het uit my geheue geskryf omdat ek oortuig is alle historiese feite moet korrek staan teen enige toets. Sonder interpretasie of afleidinge.
'n Historiese feit kan nie skuins staangemaak word nie. My feitestellings is welkom om getoets te word.
Ek weet Kosie (tesame met sy geëerde eggenote Drieks), wie beide ons enigste formeel erkende lewenslange MAG-erelede is, sou dit van enige MAG-medelid verwag dat ons dit sal doen.
Dit was ons, as MAG-stigterslede, se wonderlike voorreg om saam met Kosie te kon gewerk het. Ons koester dit solank ons lewe.
Ons ouer garde wat die volle pad met Koos geloop het, het saam met hom die verguisings en verdraaiïngs beleef. Ons het 'n dure plig om getrou te waak oor die beginsels van waarheid en juistheid van sy nalatenskap.
Met opregte groete

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie