Kosinflasie is dief in die nag
Verbruiker kan vleis vir graan verruil
Dr. Kobus Laubscher – Die landbou-ekonoom Wandile Sihlobo van die Suid-Afrikaaanse Landboubesigheidkamer (Agbiz) wys in ’n artikel op verswakkende huishoudelike voedselsekerheid as gevolg van ’n legio faktore, maar met die impak van Covid-19 as grondoorsaak.
Na raming is daar tot 26 miljoen mense in Afrika suid van die Sahara wat onder die Wêreldbank se onderste broodlyn van US$1,90 per dag per leef. Dit dui op uiterste armoede en aangesien die deel van Afrika ’n netto-invoerder is van voedsel en voedseluitvoere as deel van inperkings ingekort is, is daar nie goeie vooruitsigte vir enige verbetering nie.
Plaaslik is die uitkoms van die jongste inflasiesyfers ook verwarrend en verbruikspatrone bevestig dit. In Maart vanjaar was inflasie in Namibië as geheel 3,1%, maar kosinflasie ’n stewige 6,6%. Inflasie in die groep voedsel en niealkoholiese drank was nog hoër op 7,1%. Die groep het in die geheel meer as 38% van die algemene inflasie verklaar. In die Namibiese kosmandjie het vleis die meeste gestyg, met meer as 13%. Dit was die hoogste syfer die afgelope 12 maande tot Maart vanjaar.
Dié tendens dui op die impak van plaashekpryse tydens die heropbou van die lewendehawesektor noudat die droogte gebreek is en dit sal in die afsienbare toekoms so bly.
Dienste-inflasie was 2,1%, terwyl die inflasiekoers van goedere 3,9% was. In die geheel gesien, is daar sterk aanduidings dat inflasie die res van die jaar die stygende tendens kan volhou, gegewe die onderliggende kragte. Wat egter ‘n verandering kan bring, is as die verbruiker sy kosmandjie herskik en minder vleis en meer stapelvoedsel koop. Goeie oesvooruitsigte wat somergrane betref, kan graanprodukte se pryse laag genoeg hou om die verandering te bekostig.
Die prysbeleid van die Namibiese regering kan dalk in die bestek van die jaar sodanig verander word om meer mense se graankomponent van die kosmaandjie in pas te bring met goeie aanbod in die substreek.
Die Suid-Afrikaanse inflasievlakke is redelik stabiel sedert Julie 2020, maar was in Maart effe hoër as in die voorafgaande maand. Die Maart 2021-vlak was 3,2% en die laagste Maartsyfer sedert 2017. Die syfer vir voedsel en niealkoholiese drank was 5,7% en kos alleen 5,9%. Kosinflasie beur egter opwaarts en in Maart vanjaar het die 28-item kosmandjie wat die Nasionale Bemarkingsraad ontleed, met ‘n stewige 9,7% gestyg vergeleke met Maart 2020.
Daar moet egter onthou word dat Suid-Afrika ‘n jaar gelede aan die begin van die grendeltyd was. Binne dié mandjie was die prysstygings van graanprodukte ‘n stewige 24,2%. Proteïen van dierlike oorsprong het met 9,8% toegeneem. Daarteenoor het vleis met 6,7% gestyf. Dit is egter duidelik dat kosinflasie beduidende opwaartse druk op algemene inflasie uitoefen.
Om te verstaan wat voorlê, is dit nodig om die vernaamste drywers van verwagte veranderings te bekyk. Volgens Agbiz kan die vooruitsigte van ‘n groot somergraanoes ten minste prysvrese demp. Ontleders verwag sogenaamde “sagter” prysveranderings by die plaashek, alhoewel plaashekpryse steeds vasklou aan vlakke wat ietwat strydig is met aanbodverwagtinge.
Wêreldhandel hervat en Suid-Afrika se netto uitvoerstatus en die kwaliteit van sy uitvoerprodukte, wen al hoe meer veld oorsee en in Afrika. ‘n Sterker geldeenheid ontmoedig nie uitvoere nie, met die gevolg dat binnelandse verwerkers moet meeding en derhalwe bly pryse produsentvriendelik. Wat egter bekommer, is die impak van verhoogde transaksiekoste buite die plaashek as gevolg van stygende energiekoste (brandstof) en die swak toestand van paaie waarop die oeste vervoer moet word. Dit geld nie net van plaas tot silo nie, maar sal bepaald ook verreken word in die logistiek van daar af verder. Boere is prysnemers en kan nie enige sodanige koste deurgee nie.
Kortom: inflasie bly die dief in die nag, want enige prysverligting vir die verbruiker sal aangewend word om skuldgate toe te stop voordat daar meer kos gekoop word. Andersyds kan gunstige kospryse lei tot veranderde verbruikspatrone – meer koolhidrate en minder proteïen.
Vir die landbou word gehoop dat mense meer sal eet omdat hulle meer geld in die sak het, en omdat hulle verhoogde inkomste die gevolg is van ‘n groeiende ekonomie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie