Kosinflasie kry 'n hou op die ken
Armes kan steeds nie bekostig om meer te eet
Dr. Kobus Laubscher - Die nuus van 'n rekord mielieoes in Suid-Afrika is met gemengde reaksie ontvang.
Vir graanprodusente het die groot oes betekenisvolle prysneerdrukkende implikasies en ekonome wys daarop dat die bruto waarde van vanjaar se mielieoes laer sal wees as verlede jaar se oes wat minder as die helfte is van die geraamde 15,5 miljoen ton vanjaar.
Die voordeel is dat graanprodusente ten minste graan het wat verkoop kan word, want verlede seisoen se hoë pryse het net diegene gebaat wat wel oor graan beskik het.
Verbeterde produksie-omstandighede het die hele substreek gebaat en wel tot so 'n mate dat witmielie-uitvoere uit Suid-Afrika ander heenkome sal moet vind. Die Namibiese mielieoes is ook beduidend meer, maar nie genoeg om aan die binnelandse vraag te voldoen nie. Namibiese verbruikers kan egter betekenisvolle prysverligting verwag, aangesien Suid-Afrika se uitvoerpariteitsprys laag kan wees as gevolg van lae binnelandse pryse en die sterk rand.
Kosinflasie
Namibiese kosinflasie het betekenisvol gedaal die afgelope paar maande.
Gewone inflasie het soos kosinflasie in Desember 2016 gepiek op onderskeidelik 7,3% en 12,7%, maar van Desember 2016 tot April vanjaar was die stygings egter net 3,8% en 1,3% onderskeidelik. In die ooreenstemmende tydperk in Desember 2015 tot April 2016 was dié syfers nog 4,4% en 8,1% onderskeidelik.
Kosinflasie as drywer van algemene inflasie was in April vanjaar slegs 15,5%, teenoor die 39% vir behuising, krag en ander energie.
Kosinflasie in Suid-Afrika het in April ook duidelike tekens van verlangsaming getoon met 6,7% jaar-op-jaar toenames en algemene inflasie op 5,3%. Die verlangsaamde kosinflasie volg op die dalende tempo van styging in die produsenteprysindeks van voedsel.
Laasgenoemde is die gevolg van die meer as 80% toename in die totale volume landbouprodukte geproduseer. Die geweldige groot somergraanoes gaan verdere stukrag gee en die pryse van byvoorbeeld mielies kan met meer as 65% daal teenoor wat dit die vorige seisoen was.
Veerkragtigheid
Die Suider-Afrikaanse landbou se veerkragtigheid is ondubbelsinnig bewys deur die herstelvermoë ná die goeie reën.
Laer bruto inkomste kan egter volhoubaarheid onder druk hou omdat produksiekoste nie inflasie kon ontsnap nie en in baie gevalle is die insette vir die rekordoes teen 'n swak wisselkoers ingevoer – brandstof- en kunsmiskomponente om net enkele te noem.
Daar kan dus verwag word dat die skulddiensvermoë van boere negatief beïnvloed is en dat boerderyeenhede steeds die gevaar loop om gelikwideer te word. Gelukkig was daar selfs in plase met solvensie-uitdagings 'n kontantvloei wat van die skuldeisers vir eers gelukkig kan hou.
Op die verbruikersfront is daar egter vrae oor of die groter graanoes werklik 'n verskil gaan maak in die lewe van die armste van die armes. Pacsa, 'n nie-regeringsorganisasie in Pietermaritzburg, doen navorsing oor die impak van stygende kospryse op die lewensgehalte van arm Suid-Afrikaners.
Volgens Pacsa kos dit 'n gesin van sewe net meer as R2 000 per maand vir 'n basiese mandjie kos, maar wat nie voedingkundig gebalanseerd is nie. Só 'n mandjie sou net minder as R4 500 per maand gekos het. Arm gesinne kort dus meer as 50% van wat as noodsaaklik geag word.
Die impak hiervan is omvattend. Vir hierdie verbruikers is die daling in kosinflasie te min, te stadig – veral teen die agtergrond van die prysskokke van die voorafgaande 18 maande waarin dié mandjie kos met bykans 25% toegeneem het.
Die impak van hierdie geweldige prysstygings is veral betekenisvol as die vlak van kinder- en ander toelaes opgeweeg word teen wat dit kos om kinders te voed wat vir kindertoelae kwalifiseer. Pacsa bereken dat die basiese voedingsbehoeftes van kinders tussen die ouderdomme van 3 en 9 jaar in April vanjaar R576 was, teenoor die kindertoelae van R350.
Dié jongste feite dui op die impak van ander maatskaplike versteurings, waarvan stygende werkloosheid die belangrikste is.
Nie alleen neem die afhanklikheid van sosiale beskerming soos staatstoelaes toe nie, maar die vermoë om munt te slaan uit laer pryse van stapelvoedsel, is ook in gedrang. Arm mense kan dus eenvoudig nie bekostig om meer te eet nie.
'n Afname in die finale vraag kan die prysneerdrukkende impak van die rekordoes dus verder beïnvloed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie