Kosinflasie raak armstes die ergste
Kosinflasie raak armstes die ergste

Kosinflasie raak armstes die ergste

Waar sal die brood vandaan kom?
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher – Statistieke vertel nie altyd die volle verhaal as dit by inflasie kom nie – dit meet weliswaar belangrike veranderings, maar is te niespesifiek. Kosinflasie loop dieselfde pad, want te veel ontleders kan bewys dat veral die armes wat ver meer as die helfte van hulle besteebare inkomste vir kos gebruik, inflasievlakke van tot dubbel die amptelike koerse ervaar.

Die Pietermaritzburg Economic Justice & Dignity Group publiseer gereeld inligting oor die impak van veral kosinflasie op die armes. Hulle nuutste opnames toon dat met ongeveer 60% van die Suid-Afrikaanse bevolking wat tans die minimumloon van R3 322 per maand ontvang (dit was voor die verhoging wat in Maart wet geword het), ‘n tekort van meer as R800 per maand het om vir ‘n gesin van sewe genoeg kos te kan koop om aan minimum voedingstandaarde te kan voldoen.

Volgens die Pietermaritzburg-groep kos dit vir gesinne met vier, vyf en sewe onderskeidelik R2 830, R2 575 en R4 942 per maand om gesonde kos op die tafel te sit. Vir kinders tussen die ouderdomme van 3 en 9 jaar kos dit R634 per maand, welke behoefte veel minder is as selfs die verhoogde maandelikse kindertoelaag van die staat.

Pryssensitiwiteit is dus wesentlik as die volgorde van aankope deur dié groep van die bevolking ontleed word. Rys is byvoorbeeld naas mieliemeel die belangrikste en die prys van rys het jaar-op-jaar tot Desember 2020 met bykans 53% toegeneem. Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) in Suid-Afrika het verder ook berig van veranderde verbruikerspatrone waar minder brood en meer mieliepap verbruik word.

Die Kinderinstituit van die Universiteit van Kaapstad het in hulle 2020-verslag gewys op die uiters negatiewe impak van onvoldoende voeding op kinders se groei en ontwikkeling. Die Nasionale Bemarkingsraad se navorsing ondersteun die afleidings van die Pietermaritzburg-groep, naamlik dat kosinflasie veel hoër is onder die armes as wat amptelik aangedui word. Hulle grond hul berekenings op die ontleding van ‘n voedselmandjie van 28 produkte.

Die vraag is waar laat dit beleidmakers? Gegewe die omvang van werkloosheid en die tyd wat dit kan neem vir beleid wat werkskepping bevorder, om in te skop, kan met reg gesê word dat hef aan nog voorlê. Opnames onder arm mense wat daagliks deur die uitdagings van onbekostigbare pryse in die gesig gestaar word, wys op allerlei slim planne deur ouers. Hulle vertel van die gestoei om kos op die tafel te kry en hoe volwassenes minder en self niks eet nie sodat die kinders kos het.

Die oplossing lê nie in groter toelaes nie, maar wel in ekonomiese groei om meer werksgeleenthede te skep. Die nuutste inisiatiewe van die regering het bepaald hierdie realiteite in ag geneem, maar pres. Cyril Ramaphosa se waarskuwiongs dat blywende toelaagafhanklikheid onbekostigbaar is, is die realiteit.

Daarteenoor is Suid-Afrika besonder geseënd met die belofte van ‘n rekord-somergraanoes. Boere het dus die regte ding gedoen en die goeie nuus is dat prysvlakke tans nie deur hierdie groot oes negatief beïnvloed word nie.

Die landbousektor behoort dus in staat te wees om verligting te skep aan die aanbodkant, maar terselfdertyd sal die inkomstesituasie op plaasvlak ook so herstel dat die sektor nie nodig mag het om werkers te verminder nie.

Die vraag is net tot watter mate daar samewerking sal kom in die waardeketting ten einde transaksiekoste in toom sodat dit nie druk op verbruikerspryse plaas nie. Dieselfde kan verwag word van die komponente wat bydrae tot inflasie en wat hoofsaaklik administratief van aard is.

Die aangewese sal wees as deel van die ekonomiese heropbou vraaggedrewe is. Meer mense moet in staat wees om meer te kan eet sodat die landbousektor en -waardekettings se bekende vermenigvuldigers inskop.

Landbou moet onverskrokke wees as dit kom by die afdwing van aanvullende beleidsekerheid.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!