Kospryse deur die dak
Voedselsekuriteit word ernstig bedreig deur rekordhoë kospryse en duurder insetkoste om dit te produseer.
Ronelle Rademeyer
Voedselpryse het wêreldwyd die hoogste vlak in tien jaar bereik en lande sal vanjaar meer as US$1,75 triljoen (sowat N$27 triljoen) aan voedselinvoere bestee.
Nagenoeg 40% hiervan sal deur ontwikkelende lande aan voedselinvoere bestee word.
Volgens 'n verslag van die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organsiasie (FAO) hou stygende voedsel- en brandstofpryse 'n wesentlike bedreiging vir veral armer lande en hul inwoners in, want hulle bestee die grootste deel van hul inkomste hieraan.
Volgens die voedselvooruitskouingsverslag wat die FAO twee keer per jaar saamstel, het die wêreldwye voedselhandel nie net in waarde en volume toegeneem nie, maar die groei het selfs versnel.
Die FAO voorspel dat die wêreldvoedselinvoerrekening 'n rekordhoogtepunt in 2021 sal bereik, wat meer as US$1,75 triljoen sal beloop.
Dit sou 'n 14%-verhoging vanaf 2020 se syfer en is 12% hoër as die vooruitskattings van die vorige verslag in Junie.
Die styging word hoofsaaklik aangedryf deur die hoër prysvlakke van internasionaal verhandelde voedselkommoditeite en 'n drievoudige toename in vragkoste.
Volgens die FAO het wêreldvoedselpryse tot 'n nuwe hoogtepunt gestyg en die hoogste vlak sedert Julie 2011 bereik.
Die Voedselprysindeks wat maandelikse veranderinge in die internasionale pryse van 'n mandjie voedselkommoditeite (graan, oliesade, suiwelprodukte, vleis en suiker) aandui, was gemiddeld 133,2 punte in Oktober 2021. Dit is 3% meer as September. Die pryse het vir 'n derde agtereenvolgende maand gestyg. Dit is hoofsaaklik gelei deur die volgehoue hoë wêreldpryse van plantaardige olies en graan.
ARMER LANDE
Daar word verwag dat ontwikkelende landse se totale voedselinvoerrekening met byna 20% sal styg vergeleke met verlede jaar. Die mins ontwikkelde lande (MOL'e) se voedselinvoerrekening sal met 16% styg.
“Lae-inkomstelande met voedseltekorte (LIFDC's) se voedselinvoere sal na verwagting selfs vinniger groei ervaar, met koerse van meer as 20% vergeleke met 2020,” lui die verslag.
Dit is egter nie te wyte aan die feit dat hulle meer invoer nie, maar weens hoër koste.
Byvoorbeeld, van die bykomende invoere van US$25 miljard deur hierdie lande, is meer as US$14 miljard te wyte aan hoër pryse en vragkoste, terwyl slegs US$11 miljard hoër volumes weerspieël.
Die invoer van stapelvoedsel dryf die rekordhoë invoerrekeninge vir ontwikkelende streke aan.
Die verslag wys ook op 'n groeiende aantal lande waar huishoudings meer as 60% van hul inkomste aan benodigdhede soos kos, brandstof, water en behuising bestee.
Selfs teen die taamlik lae voedsel- en brandstofpryse van 2017, het 30 lande 60% of meer van hul inkomste aan hierdie benodigdhede bestee.
Voorlopige ramings vir 2021 dui daarop dat nog 23 lande by hierdie groep aangesluit het en dat die gemiddelde uitgawes in hierdie 53 lande, van 62% in 2017 tot 69% in 2021 gestyg het.
“Vir baie verbruikers beteken dit óf min kos óf 'n swakker kwaliteit kos, wat tot honger en wanvoeding, of minder geld vir ander noodsaaklikhede soos gesondheidsdienste en die skoolopleiding van hul kinders,” waarsku die skrywers van die verslag.
“Om sulke belangrike uitgawes te beperk, kan gemeenskappe in 'n bose kringloop van toenemende voedselonsekerheid en armoede beland, met moontlike onomkeerbare gevolge,” sê hulle.
VRAAG- EN AANBOD
Die verslag hersien ook die vraag- en aanbodtendense vir die wêreld se belangrikste voedselsoorte, insluitend graan, plantaardige olies, suiker, vleis, suiwel en vis.
Die wêreld se graanproduksie sal na verwagting toeneem tot 2,79 miljard ton in 2021, vanaf 2,77 miljard ton in 2020. Rekordoeste word in 2021 vir mielies en rys verwag.
Graanbenutting vir menslike gebruik en veevoer sal na verwagting vinniger groei as produksie.
Graanbenutting sal na verwagting 2,81 miljard ton bereik, teenoor 2,76 miljard in die vorige jaar, wat tot dalende voorraad sal lei. Wêreldvleisproduksie in 2021 sal na verwagting vanaf 2020 met 4,2% uitbrei, en 353 miljoen ton nader.
Na verwagting sal vleisproduksie in China waarskynlik met 16% op 'n jaargrondslag tot 90 miljoen ton styg, hoofsaaklik as gevolg van toenames in varkvleisproduksie ná prysdalings en onlangse uitbrekings van Afrika-varkpes in sommige provinsies.
Daar word ook voorspel dat wêreldwye melkproduksie in 2021 sal uitbrei, met verwagte toenames in alle groot produserende streke, gelei deur Asië en Noord-Amerika.
INSETKOSTE
Die verslag sluit ook 'n spesiale hoofstuk oor landbou-insetpryse in.
Die FAO-kundiges het 'n Globale Insetprysindeks (GIPI) saamgestel om die impak van vinnig stygende insetpryse, veral dié van energie afkomstig van fossielbrandstowwe, op voedselpryse en die waarskynlike gevolge daarvan op wêreldwye voedselsekerheid te illustreer.
Die indeks, wat op energie-, kunsmis-, plaagdoder-, voer- en saadpryse sowel as die FAO-voedselprysindeks gegrond is, toon dat beide prysindekse sedert 2005 gesinkroniseerd beweeg het, wat aandui dat hoër insetkoste tot hoër voedselpryse lei.
Tot Augustus 2021 het die Voedselprysindeks met 34% gestyg en die GIPI het oor die algemeen met 25% gestyg, vergeleke met dieselfde tydperk in 2020.
Daar is egter groot streek- en sektorspesifieke verskille binne die landbou. Die skrywers wys daarop dat sojaboonprodusente byvoorbeeld laer behoeftes van die tans baie duur stikstofkunsmis in die gesig staar, sodat hulle by hoër produkpryse kan baat. Varkprodusente, aan die ander kant, het hoë voerkoste en staar lae vleispryse in die gesig.
Hoë insetpryse is 'n probleem vir lande wat van invoer afhanklik is. Afrika suid van die Sahara, byvoorbeeld, is een van die mees invoerafhanklike streke ter wêreld vir fosfor en stikstof, met afhanklikheidsyfers vir beide op ongeveer 70%.
Die prys van stikstof word hoofsaaklik aangedryf deur fossielbrandstowwe (gas), en met die streek wat ook baie afhanklik is van ingevoerde energie, kan dit alles lei tot hoër voedselproduksiekoste en voedselinflasie, maan die skrywers van die verslag. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie