Kospryse: Dis ’n donker wolk met ’n silwer randjie
Hanlie Stadler – Die groothandelprys van blikkieskos, brood en ander verwerkte kossoorte is besig om al hoe skerper te styg, wys syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) uitgereik het.
Die produsenteprys van finaal vervaardigde kosse het in Desember met gemiddeld 2,2% gestyg, teenoor 1,8% in November. Die Investec-ekonoom Lara Hodes verwag dat dié styging, al is dit matig, ’n neiging gaan bly in die nuwe jaar.
Dis slegte nuus vir verbruikers, wat waarskynlik in Januarie en Februarie die groothandelstygings aan hul eie bas gevoel het of binnekort gaan voel.
Die Nedbank-ekonome Busisiwe Radebe en Dennis Dykes verwag egter dat kospryse in die eerste paar maande van 2019 al hoe stadiger gaan styg, sowel op produsente- as verbruikersvlak.
Die oorhoofse produsenteprysinflasie (PPI) vir vervaardigde goedere het verbeter tot 5,2%, teenoor 6,8% in November, grootliks danksy die daling in brandstofpryse.
Die PPI-syfers het wel iets wat binnekort goeie nuus vir verbruikers kan bring: Die prys van vleis op groothandelvlak is vir die tweede maand in ’n ry laer as ’n jaar gelede.
Boere verdien nou 17% minder vir lewende hawe as ’n jaar gelede en 10,6% minder vir melk en eiers, en ook dié dalings behoort mettertyd neerslag te vind op winkelrakke.
Verbruikers beleef nog nie juis dié dalings wanneer hulle inkopies doen nie. Daar is ’n tydsverloop tussen wanneer kleinhandelaars hul vleisprodukte aanskaf en wanneer dit op die rak beland.
Woolworths en Pick n Pay het op navraag aan Netwerk24 bevestig dat sekere snitte reeds goedkoper geword het as ’n jaar gelede of binnekort goedkoper gaan word.
Die verlangsaming of selfs daling in vleispryse word deels toegeskryf aan die bek-en-klouseer-epidemie wat in Limpopo uitgebreek het. As gevolg daarvan kan Suid-Afrika glad nie beesvleis uitvoer nie, wat tot ’n groter aanbod – en hopelik ’n daling in pryse – kan lei.
Agri SA het onlangs met ’n veldtog begin waarin mense aangemoedig word om meer te braai.
Die Nedbank-ekonome verwag egter skerp stygings in vleispryse wanneer boere hul kuddes begin herbou ná die bek-en-klouseer-epidemie. Dit kan minder vleis op die mark veroorsaak, wat pryse weer sal opdruk.
Al die PPI-syfers:
· PPI vir finaal vervaardigde produkte: 5,2% (teenoor 6,8% in November)
· PPI vir intermediêr vervaardigde produkte: 5% (6%)
· PPI vir water en krag: 7,7% (7,2%)
· PPI vir mynbou: 6% (4,8%)
· PPI vir landbou, bosbou en visserye: -3,9% (-4,6%) – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie