Kosvoorsiening beleef ‘perfekte storm’
Namibië wil voedsel- en voedingsekerheid deur sy nuwe nasionale beleid hieroor, verbeter.
Ronelle Rademeyer - Duurder brandstof, die pandemie, internasionale konflikte, swak bestuur en ontwrigting in voorsieningskettings het die wêreld se voedselstelsel in die “perfekte storm” gedompel.
Wêreldwyd is voedselpryse byna 33 persent hoër as dieselfde tydperk verlede jaar, het die maandelikse voedselprysindeks van die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) drie maande gelede al getoon.
Die Wêreldvoedselprogram (WFP) bereken sowat 272 miljoen mense in die lande waar dié organisasie werksaam is, beleef in die lig hiervan reeds akute voedselonsekerheid of loop gevaar om binnekort nie genoeg kos te hê nie.
In ’n aanlyn bespreking verlede week wat deur SciDev.Net en die Internasionale Sentrum vir Landbou en Biowetenskap (Cabi) aangebied is, het prof. Fan Shenggen, voorsitter van die akademie vir wêreldvoedselekonomie en -beleid aan die China Landbou Universiteit, die heersende situasie as “’n perfekte storm” beskryf.
Hy en die ander paneellede waarsku dit skep “’n potensieel verwoestende scenario vir die wêreldwye voedselstelsel” en die kans bestaan dat dit in duie kan stort.
“Die groot olifant in die vertrek is da tons genoodsaak is om ons dieet te verander as gevolg van toenemende eise,” het Afeikhena Jerome, spesiale raadgewer van die kommissaris vir landelike ekonomie en landbou by die Afrika-unie-kommissie in Addis Abeba, Ethiopië, tydens die bespreking gesê.
“Ons het gevind dat ekonomieë wat sterk op voedselinvoer staatmaak hoogs kwesbaar is. En dit geld vir die meerderheid Afrika-lande,” het hy gesê.
“Afrika se netto voedselinvoerrekening sal na verwagting van US$35 miljard in 2015 tot meer as US$110 miljard teen 2025 groei,” sê hy.
“Ons moet meer volhoubare herlewingslandbou bevorder en die eengesondheidsbenadering volg van plantgesondheid, omgewingsgesondheid en menslike gesondheid,” het Jerome bygevoeg.
Volgens dr. Daniel Elger, uitvoerende hoof van Cabi, het die pandemie die behoefte aan meer veerkragtig voedselstelsels na die voorgrond gebring.
“Fundamentele verandering is nodig as ons volhoubare stelsels wil bou wat die groeiende wêreldbevolking, die behoefte aan groei en meer werksgeleenthede asook die beskerming van ons planeet teen klimaatsverandering en omgewingsagteruitgang in ag neem,” het hy gesê.
Paneellede het gekyk na hoe gesonde beleide en institusionele skakels, landbou-innovering en navorsing, beleggings in infrastruktuur en tegnologie, en die fasilitering van inligting kan help om die negatiewe impak van die pandemie op voedselsekerheid kan versag.
Tariq Khan, adviseur en direkteur-generaal van Pakistan se ministerie van nasionale voedselsekerheid en navorsing, het gesê meer geleenthede is geskep danksy aanlyntransaksies, digitale handel en aanlyn afleweringstelsels.
Moses Mwale, direkteur van landbou in Zambië se ministerie van landbou en lewendehawe, het beklemtoon die monitering en naspeuring van voedselsekerheid en voedingsaanwysers is ’n noodsaaklike komponent van ’n robuuste voedselstelsel.
“Die voedingscenario in Zambië dui op ’n behoefte aan gesonder voedselstelsels. ’n Multisektorale benadering is van kritieke belang in die stryd teen honger én vetsug,” het hy gesê.
’n Voedselsekerheid- en voedingverslag deur die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (Unep) toon genoeg kos word wêreldwyd geproduseer om almal te voed, maar 811 miljoen mense het in 2020 honger gely.
Die rede daarvoor is dat ongeveer eenderde van die kos wat elke jaar vir menslike gebruik geproduseer word – dit is sowat 1,3 miljard ton – gaan verlore of word vermors.
NAMIBIË VERSTEWIG STELSEL
Namibië se eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het Donderdag die nasionale voedsel- en voedingsekerheidsbeleid in die Oshanastreek bekend gestel. Die beleid is daarop gemik om belegging in voedsel- en voedingsekerheid in die land te verhoog.
Sy het daarop gewys die beskikbaarheid van kos en voeding is die grondliggend tot die mensdom, en daarom wil die regering deur dié beleid voedselsekerheid waarborg.
Wêreld is daar nuwe neigings wat stukrag gee vir nuwe ontwerpe en implementeringstrategieë vir voedsel- en voedingsekerheidsprogramme, het sy bygevoeg.
“Daar is ook bewyse dat daar verskeie faktore is wat verantwoordelik is vir wanvoeding en dit moet getakel word deur ’n voedselstelselbenadering wat verskeie belanghebbendes betrek. Sy het verwys na die NV se wêreldwye voedselstelselberaad in September vanjaar, wat voorafgegaan is deur die nasionale dialoog oor voedselstelsels wat die hele waardeketting betrek het. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie