Koudste winter in 20 jaar
As ’n Vrystaatse dorp as maatstaf gebruik word, was daar vanjaar 75 dae met minimum temperature onder vriespunt, teenoor die gemiddelde jaarlikse 49 dae.
Elvira Hattingh - Terwyl Namibië se reënvooruitsigte glo baie goed vir tussen November en Maart lyk, meen weerkundiges die afgelope winter was die koudste in twee dekades.
Dit, volgens mnr. Johan van den Berg, ’n konsultant-landbouweerkundige by Santam Suid-Afrika.
“Gelukkig behoort Namibië, ná nog ’n vlaag koue weer teen die einde van Augustus, voorts meer matige temperature verwag. Die moontlikheid op verdere ryp en baie lae temperature is aan die kwyn.
“Tog is daar nog ’n kans dat die minimum temperatuur in die tweede helfte van September nog tot by 5 °C in die Suide kan daal,” het hy gewaarsku.
REKORDKOUE
Van den Berg sê sedert die laaste week in Mei het uiterse lae temperature gedurig voorgekom.
Hy noem die Suid-Afrikaanse dorp Bothaville as voorbeeld, waar daar altesaam 75 dae met minimum temperature onder vriespunt voorgekom het.
“Dit is nege dae méér as die vorige rekord in 2012 toe daar 66 dae met minimum temperature onder vriespunt was.
“Sedert 2001 was daar elke winterseisoen gemiddeld 49 dae wat die minimum temperatuur onder vriespunt was. In 2001 en 2002 het dié getal op ’n rekordlaagte van net 31 dae gestaan,” het Van den Berg gesê.
REËN
Van den Berg sê na verwagting sal reëntoestande vir Namibië drasties “vanaf omtrent November” verbeter en sal dit ’n “piek tussen Januarie en Maart 2021 bereik”.
Dit, ondanks die feit dat kort- tot mediumtermynvooruitsigte vir reën in Namibië nog nie positief vertoon nie. “Aldus nie voor die einde van Oktober nie,” meen hy. “Dit vanweë die positiewe verwikkelinge in terme van La Niña en die Indiese Oseaan-dipool (IOD),” sê Van den Berg.
Hy stem saam dat goeie vooruitsigte vir die ontwikkeling van La Niña-toestande tesame met ’n negatiewe IOD-indeks bestaan.
“Beide dié El Niño- Suidelike Ossillasieklimaatspatroon (Enso), asook die negatiewe IOD sal waarskynlik gunstige reëntoestande vir middel tot láát somer vir die 2020-’21-reënseisoen beteken,” het hy gesê.
“Die Suidelike Ossillasie-indeks (SOI), wat ’n maatstaf is van die verband tussen seeoppervlaktemperature in die Nino-gebiede en oorhoofse weerstelsels, verkeer nou in ’n konsekwente positiewe fase.
“Dit is merkwaardig vir hierdie tyd van die jaar, omdat dit ’n sterk aanduiding vir die ontwikkeling van La Niña-toestande is wat op oorhoofse weerstelsels reageer,” sê hy.
Dit vol ná die Australiese Buro vir Meteorologie in die helfte van 18 Augustus ook sy Enso-uitkykstatus amptelik van ’n La Niña-wag na ’n La Niña-waarskuwing verander het.
Die buro meen die kanse dat ’n La Niña reeds in September of teen Oktober vanjaar sal vorm, het intussen van 50% na 70% gegroei - sowat drie keer die normale waarskynlikheid.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie