Koue byt
Dit sal die naweek koel in die sentrale, suidelike en oostelike dele van die land bly.
Elvira Hattingh – Aus, Buitepos, Gobabis en Keetmanshoop is vanoggend (Vrydagoggend) die koudste plekke in die land, met ‘n minimumtemperatuur wat die kwik na verwagting tot -2 °C gaan laat daal.
Windhoek, Aroab, Aranos, Maltahöhe, Mariental, Otjinene, Rehoboth en Tsumkwe se minimumtemperatuur is vanoggend ook 0 °C en kouer.
Terselfdertyd het welkome winterreën op plekke soos Aus, Noordoewer, Rosh Pinah en Lüderitz sedert Woensdagaand voorgekom, terwyl die Namibiese weerkantoor sê dit is nie onmoontlik dat dit ook oor hoogliggende bergagtige dele in die suidweste van Namibië kan sneeu nie.
Ryp en ysige koue toestande is vanoggend egter ‘n gegewe, het mnr. Odillo Kgobetsi, hoofweervoorspeller by die Namibiese weerkantoor, gewaarsku.
“Ryp sal na verwagting teen vanoggend oor die grootste dele van Namibië voorkom, met uitsondering van die verre noordweste,” het hy gesê.
Die weerkantoor voorspel dat die Suide en die Khomas- en Omahekestreek se koue ook na die noordooste kan versprei.
“Die koue lugmassa wat tans oor Namibië lê, sal nog tot die naweek vertoef, hoewel temperature in die Weste teen later vandag weer sal verbeter,” het Kgobetsi gesê.
“Dit sal die naweek koel in die sentrale, suidelike en oostelike dele van die land bly, met maksimumtemperature wat tussen 17 °C en 23 °C sal wees.”
Kgobetsi sê temperature in kusdorpe en oor die Namib sal oor die naweek weer begin styg.
“Oosweertoestande sal die naweek weer by die kus kop uitsteek en mense moet die nodige voorsorgmaatreëls tref,” het hy gesê.
REËN
Kgobetsi het ook hul amptelike reënsyfers verskaf, waarvolgens 14 mm gisteroggend (Donderdag) om 08:00 op Aus gemeet is, terwyl Noordoewer 6,4 mm ontvang het en winterreën ook op Oranjemund, Rosh Pinah en Lüderitz voorgekom het.
Op die Facebook-groep “Reën in Namibia” is temperature gisteroggend van so laag as -12 °C, -5 °C en -4 °C op onderskeidelik Kappsfarm en in die Windhoekse woonbuurte Kleine Kuppe en Avis aangeteken.
Die kwik het ook op Okahandja tot -2 °C gesak, terwyl dit naby Grünau teen 10:30 steeds op -5 °C gestaan het.
SNEEU?
Op die vraag of Namibië – soos die Kaapprovinsie – ook enige sneeu te wagte kan wees, het Kgobetsi gesê dit is nie onmoontlik dat dit ook oor hoogliggende gebiede in die suidweste van Namibië kan sneeu nie.
“Dit het al in die verlede gebeur – veral as 'n sterk kouefront baie vog bevat – soos wat tans die geval is.
"Gewoonlik bevat kouefronte nie veel vog nie, maar wanneer dit vog bevat, gaan dit dikwels met sneeu gepaard," het Kgobetsi verduidelik.
Hy sê dit sneeu in die Kaap omdat die kouefront tans meer oor dié dele as oor die suide van Namibië gesentreer is.
Foto's van 'n sneeubedekte Sneeuberg op Graaff-Reinet, Prince Albert en Sutherland is gister wyd op sosiale media versprei.
Volgens voorspellings sal wydverspreide sneeu ook nog vandag in Suid-Afrika en Lesotho voorkom, met sneeustorms wat selfs ontwrigtend op plekke kan wees.
KOUEFRONT
Dit volg ná ‘n kompakte kouefrontstelsel vroeg verlede week vanuit ‘n nabygeleë moederstelsel oor die suidelike Atlantiese Oseaan ontwikkel het.
Dit het digby die vasteland gevorm, met uitgebreide ondersteuning in die bo-lug.
Volgens die nieregeringsorganisasie LandWater, wat satellietfoto's wetenskaplik ontleed en interpreteer, het die stelsel eintlik ‘te naby’ aan die land ontwikkel wat tot die uiterste weersomstandighede gelei het.
LandWater het die stelsel informeel ‘Storm Wolf’ gedoop, met sy ‘ma’ net ‘n entjie verder suid oor die oseaan.
“Dit is nie 'n groot frontale stelsel óf ‘n klassieke ‘winterkouefront’ nie, maar die impak hiervan is groot, te danke aan die stelsel se nabyheid aan die land,” het LandWater verduidelik. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie