Koue in Kenia gaan koffie-oes knou
Die voortdurende koue weer in Kenia kan die hoeveelheid arabica-koffie wat geproduseer en in spesialiteitskoffie soos dié van Starbucks gebruik word, benadeel.
Die koffiebome het voor blomtyd (in die reënseisoen wat in Oktober begin) minstens ’n maand van droë weer nodig.
Hoeveel die koffiebome blom, bepaal die opbrengs van die daaropvolgende oes, sê Wycliffe Odhiambo Murwayi, besturende direkteur van Sustainability Kenya, wat saam met die boere werk.
“As die koue weer en reën aanhou, kan dit die oes beïnvloed,” sê hy.
Hoewel Kenia nie ’n groot globale leweraar van koffie is nie, verbou die land die arabica-koffie wat deur talle koffiemaatskappye gebruik word.
Die land verwag om 45 000 ton koffie in die 12 maande tot einde September te lewer, teenoor die 38 000 ton ’n jaar vantevore, berig die land se koffieraad.
Die toenemende vrees dat die koue weer die oes kan benadeel, is gegrond daarop dat die koue weer wat gewoonlik in Junie begin, normaalweg teen dié tyd begin opklaar het, sê Brian Gakunga, hoof van die Netwerk van Afrika-koffieboere. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie