Kouwit en Krôkônôlôgators
Tielman van Lill – Môrô (speaking Namibian, sê die Neiderlandse reisiger, Noraly, van Itchy Boots). Nou seg ek ook maar môrô.
Daar is min dinge in die die lewe wat sin maak. Iewers op hoërskool het 'n slim rakker met krôkônôlôgator, 'n nuutskepping vorendag gekom.
Ongelukkig het sy nuutskepping ná etlike dekades sekerlik nog nie amptelik erkenning as aanvaarbare Afrikaans sy weg na 'n lywige verklarende woordeboek of die AWS gevind nie. (Wat 'n sonde!)
Genadiglik het ons laaities toe sonder om 'n kommissie van ondersoek of reusagtige taakspan van stapel te stuur, die oorsprong van die gewraakte krôkônôlôgator opgespoor.
G'n vlieënde voorwerp of dunnerige verdagte soppie in 'n agterstraat in een of ander obskure moondheid het die skuld gekry nie.
Die oorsprong van dié vreemde verskynsel is onmiddellik bepaal en is as sulks deur al wat leef en beef met gestaafde feite aanvaar.
Behalwe 'n naeltjie.
Daar waar jou naelstring eens was waar die krôkônôlôgator snags snoesig skuil om smôrens sy verskyning te maak, is as die booswig geïdentifiseer.
Maar met die nuwigheid wat ons sedert vroeg in 2020 teister, is daar glo nog geen bewyse waar dié virale moondheid sy oorsprong gehad het nie. Elkeen kan sekerlik self besluit wat hy of sy wil glo en 'n ingeligte besluit neem.
C-ri-as? Waar die virus vandaan kom, sal elkeen maar vir homself moet besluit en ook hoe jy jou aanslag teen die virus gaan bestuur.
Eers is hoogs onskuldige vleermuise en kouende Tjaaina's betrek, maar dié sombere data wou ook nie juis vatplek by die hordes vind nie.
'n Laboratorium bestuur deur witjasse en wetenskaplikes het later die skuld gekry, maar diegene ontken enige bydraes en wil nie krediet vir hul puik werk aanvaar nie.
Al wat leef en beef, is toe sedertdien op hok gejaag, gedreig, aan bande gelê en hul rook- en drinkgoed is na die heel agterste pakkamers verban. Die swartmark het floreer terwyl besighede, sportvelde en strande spookagtig stil sonder lewe was. Veral in ons suidelike buurland.
Die wêreld is tot stilstand gedwing.
Strande en strate is selfs beter as enige ander misdaad gepolisieer met dreigemente wat mense bewend van vrees na Facebook en die stook van al wat vrugte-bier/wyn met 'n hewige skop gedryf het.
Gesmokkelde zol- en drankpryse het die hoogte in geskiet. Mense het hul werk verloor en salarisse is gesny.
En die ergste is dat geliefdes wêreldwyd deur die virus getref is. Families en gesinne is in rou gedompel. Wat het die afgelope twee jaar plaasgevind?
Ons is mooi soos skape in 'n kraal deur die gewraakte Covid-19-virus gejaag.
Toe verskyn die oplossing in die vorm van 'n waksiene. Sentrums vir inentings is geskep gevolg met deurryinspuitfasiliteite waar ons blitsig teen die bose virus en die Grim Reaper se besoek skuiling kon vind.
Twee kampe is opnuut geskep. Die anti-waksers en die waksers.
Getrou aan die mens se natuur het selfs inent en ent 'n geskil laat ontstaan. Sommige wil weet of hulle geënt of ingeënt is!
Wel, sover ek kon uitvinne word 'n boom geënt en 'n mens ingeënt. Behalwe as jy ou Koos se vinger op jou skouer wil laat ent. Besluit maar self wat jy verkies of jy geënt of ingeënt wil word.
Toemaar, volgende keer maak ons kos. Kyk na jouself.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie