KP breek lansie vir Amla
KP breek lansie vir Amla

KP breek lansie vir Amla

Krieket
Andrew Poolman
Tinus van Staden



Hashim Amla se geestelike taaiheid is een van sy uitstaande kenmerke as krieketspeler.

Só het die voormalige Engelse kolwer Kevin Pietersen aan die vooraand van Amla se 100ste toets vir Suid-Afrika gesê.

Pietersen, nes Amla 'n KwaZulu-Nataller van geboorte, het in 'n video op Krieket Suid-Afrika se Facebook-blad 'n spesiale huldeblyk aan die bebaarde lopievraat gelewer.

Pietersen, wat in Pietermaritzburg gebore is en in 104 toetse vir Engeland gespeel het, het gesê hy en Amla stap al 'n lang paadjie as krieketspelers.

“Ek ken vir Hash al vir baie lank. Hy het ook 'n baie grapperige sy,” sê Pietersen.

KP, soos sy spanmaats hom noem, sê hy geniet dit altyd om die 33-jarige Amla in aksie te sien.

“Ek dink wat van hom so 'n spesiale speler maak, is die feit dat hy geestelik so taai is. Hy het ook sy eie tegniek en styl gevind en hy hou daarby. Hy glo en vertrou in sy tegniek,” sê die 36-jarige Pietersen.

Amla, 'n Durbaniet van geboorte, het sy toetsbuiging in 2004 teen Indië in Kolkata gemaak. Hy het daarna in twee toetse teen Engeland in Suid-Afrika gespeel, maar het gesukkel om sy stempel af te druk.

Hy is uit die span gelaat, voordat hy in 2006 teen Nieu-Seeland (op Nuweland) sy eerste van 25 toetshonderdtalle in sy vierde toetswedstryd geslaan het.

“Hy het nie 'n uitstekende begin tot sy internasionale loopbaan gehad nie. Ek onthou 'n reeks teen Engeland in Suid-Afrika waar hulle hom veral met kortballe gepeper het,” sê Pietersen, wat sy toetsbuiging in 2005 gemaak het.

“Tog het hy daarna teruggekom en gefloreer. Hy het so baie lopies vir Suid-Afrika geslaan.”

Amla het in sy 99 toetswedstryde reeds 7 665 lopies teen 'n kolfgemiddeld van 49.45 aangeteken.

Hy word wyd gereken as een van die kalmste krieketspelers in die wêreld en Pietersen beaam dit.

“Ek dink hy kalmeer die spelers om hom. Hy kom op nommer drie in en doen sy werk. Hy bring tyd in die middel deur en laat sodoende toe dat die res van die kolforde hul eie spel kan speel,” sê Pietersen.

Amla se huidige spelpeil is onder die vergrootglas. Hy kon in sy laaste 10 kolfbeurte nie 'n vyftigtal aanteken nie, sedert hy verlede jaar in Augustus 58 teen Nieu-Seeland geslaan het.

Sy laaste honderdtal was in Januarie 2016 teen Engeland – agt toetse gelede.

Amla is nietemin een van die beste spelers wat Suid-Afrika al ooit opgelewer het. Hy is tans vierde op die lys van SA spelers wat die meeste toetslopies aangeteken het. Net Jacques Kallis, Graeme Smith en AB de Villiers het al meer lopies as Amla gemoker.

• Die derde toets teen Sri Lanka begin Donderdag op die Wanderers in Johannesburg.



Meeste toetse vir Suid-Afrika:

165-Jacques Kallis (1995-2013)

146-Mark Boucher (1997-2012)

116-Graeme Smith (2002-2014)

108-Shaun Pollock (1995-2008)

106-AB de Villiers (2004-)

101-Gary Kirsten (1993-2004), Makhaya Ntini (1998-2009)

99-Hashim Amla (2004-)

90-Herschelle Gibbs (1996-2008)

85-Dale Steyn (2004-).– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A