KPS daag skole uit om boere te ondersteun
KPS daag skole uit om boere te ondersteun

KPS daag skole uit om boere te ondersteun

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Aangegryp deur die krisis waarin boere hulle weens die droogte bevind, gaan leerlinge van die Keetsmanshoop Privaatskool (KPS) eerskomende Vrydag geld insamel om die nood te help verlig.
Hulle het ‘n uitdaging aan ander skole in die land gerig om dieselfde te doen.
Mnr. Pieter (Kelly) O’Callaghan, skoolhoof, sê sover is daar al ‘n goeie veertien of wat skole wat die uitdagings aanvaar het en hierdie Vrydag geesdriftig gaan deelneem.
“Die kinders het met die idee vorendag gekom om ‘n ‘sivvie’-dag te hou en soos boere aan te trek skool toe. Vrydagaand gaan ons ook ‘n boeredans aanbied.
“Die minimum bedrag wat ‘n kind kan skenk om aan die verrigtinge deel te neem, is N$10. Van hulle het voorgestel dat kinders ‘n blikbeker soos dié waaruit boere hul boeretroos drink, vol munte maak en skenk,” vertel hy.
Die geld sal inbetaal word in die rekening van Namibië Boere Droogtehulp, ‘n geldinsamelingsveldtog wat deur Henriëtte le Grange namens die landbougemeenskap gekoördineer word.
Verskeie boere het al gebaat by veevoer wat met hierdie geld aangekoop en gratis versprei is.

Foto: Dié foto van beeste wat weens die droogte gevrek het, sirkuleer tans op Facebook om die erns van die krisis te wys.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!