Kraampies stokers van die koopgier op baie feeste
Des Erasmus - Die taalfoendi's praat van kraampies, die volksmond praat van stalletjies. Sê maar wat jy wil, want dis weer sulke tyd. Die afgelope naweek was dit Walvisbaai se Oesterfees, dan kom die Hentiesfees en dan Omaruru se Kunsroete, “Artist Trail” sê die mense.
Danksy my nering is ek toegerus vir sulke feestelikhede. In Tswane se China Town is die wagtyd vir ’n vliegtuig huis toe verwyl met ’n dwaling deur die markplek. Al aankope daar was ’n seilsak wat handig te pas sou kom wanneer so ’n plek weer besoek word. Die souserige poeding kan maar uitloop, die For Ever-rolpuntpenne kon maar hul ink lek en selfs die smeltsuiker van pannekoek kon maar met hul ingeboude taaiheid aan die wande kleef. Hoe meer kolle, hoe beter.
So ’n sak skakel die probleem uit van te min hande vir te veel goed by so ’n geleentheid.
Kraampies van die korporatiewe wêreld en die nywerheidsgemeenskap staan my nie juis aan nie. Een ou het my by geleentheid aan die oor nader gesleep om sy patent te bewonder. Jy koppel dit aan jou water- of kraglyn. Kan nie onthou watter een van die twee nie. Die bekkige vent het sy besparings persentasiegewys verkondig. Hoe minder jy belang stel, hoe groter word die persentasie. Ek het weggeglip voordat die ou ’n punt bereik het waar Erongo Red of NamWater jou aan die einde van ’n maand as gebruiker sou uitbetaal.
By ’n werwer van beleggings is net die kop geknik. Jy moet iets hê om te belê en met my laat ek nie die spot dryf nie. Nogtans is diesulkes ’n bietjie uitgekyk, want baie van hulle het ’n kasie op hul slagyster. Die een deel gloeilampies vir kragbesparing uit, ’n ander het hul name op geheuestokkies laat druk, sodat jy hulle nie gaan vergeet wanneer die groot duisternis kom of jou geheue jou in die steek laat nie.
Die Chinese smouse se kraampies word gewoonlik oorgeslaan, omdat daar nie meer ’n beurende hand van ’n telgie in die hand van ’n oumens is nie. Een keer is ’n groot bal wel daar gekoop, ’n baie grote, omdat na ’n derde geslag verlang is. Met die tuiskoms het ’n werfhond se tweede knaag die bal net poef! laat maak.
Vertoners met hul eie tuisbedrywe kry die aandag. Die produkte van ’n plaas se vleishuis kry maklik ’n kyk weer. Nog beter as die kyk weer is die proe ’n bietjie. Gewoonlik gaan daar ’n pakkie seilsak toe. ’n Geselsie is aangeknoop met ’n boer wat kantelroosters maak en nog lekkerder was sy beduie van ’n ou gasbottel wat ’n oondjie vir ’n hoenderbraai oor houtskool van sy eie ontbossingsprojek word.
’n Boervrou het vertel van haar kralemakery van hout terwyl sy deur lang aande op die huis toe kom van haar Hans gewag het. Nog ’n vrou het van haar dankbaarheid getuig teenoor ’n uitgerekte siekte wat voor die dood kom eindig het. Dit was die voorspel van haar tuisbedryf van ’n poppemakery. Nog een het alles en nog wat vertoon vir ’n veldkombuis wanneer ook vir ’n pennelekker ’n stonde van ’n velduitkampery gaan aanbreek. Net langsaan was ’n uitstaller van klein sonkragpaneeltjies wat selfs die kampwater laat kook.
En landskapskilders.
Om die een of ander rede kom koerantmanne en kunstenaars maklik met mekaar oor die weg. Miskien omdat albei in die een of ander stadium ’n klap van die windmeul weg het wat daar op sy skildery van ’n veepos staan.
Kraampies was juis die plek waar my bewondering van ’n fluitspeler van die suburbs so suutjies tot die aankope deur die vrou van my liefde gelei het.
Baie aande wanneer dit stil word, speel hy daar van ’n muurwand in ’n huiskantoor vir my sonder om ’n geluid te blaas.
Net vir my.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie