Kragboot-aksie in die Mole se branders
DIE Mole in Swakopmund gaan Saterdag dreun met kragbote wat behoorlik oor die branders gaan vlieg. Die Inland Inflatable Boat Club bied die tweede resies van die seisoen aan. Sewe bote is reeds geregistreer vir die resies. Vier baanrenne gaan opgevolg word met ‘n langafstandresies van ongeveer 20 km. Strawwe kompetisie word tussen Leon Smit, Burgert Terblanche en Quinton Liebenberg verwag.
Die sport is so onvoorspelbaar dat enige van die deelnemers ‘n verrassing kan lewer. Die seegetye verander voortdurend tydens die renne, wat in die guns van enige van die deelnemers kan werk om ‘n voorsprong op te bou. Die renne begin om 11:00 en sal soos in die verlede adrenalienbelaaide aksie aan toeskouers bring.
Belangstellendes wat met “jetskis” wil deelneem, kan gerus ook inskryf. Die organiseerders bedank die borge Hotel Thule, Lighthouse Restaurant, Castle, Toya Designs en Independence Signs. Die volgende renne sal in Augustus by die Visfees in Hentiesbaai plaasvind. Vir meer inligting kan Tiaan Human 081 122 1400, Corrie Labuschagne 081 278 4321 of Burgert Terblanche 081 334 9284 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie