Kraglose verkiesing dalk SA se voorland
Francois Williams En Bloomberg – Moontlike kragonderbrekings kan tydens die verkiesing dreig as die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) doen wat hy belowe.
NUM wil in die week van die verkiesing in Mei staak uit protes teen die moontlike ontbondeling van Eskom.
Die moontlike verkoop van ’n belang in Eskom, beplande herstrukturering en die verdeling van Eskom in drie afsonderlike ondernemings om sy geldsake te help regruk, is volgens die Hoëveld-streek van die vakbond bloot ’n ander naam vir privatisering.
“Die besluit sal tot aansienlike afleggings by Eskom lei,” sê Bizzah Malekutu waga Motubatse, adjunkvoorsitter van NUM se Hoëveld-streek, in ’n verklaring.
Eskom is om kommentaar genader, maar reaksie is nog nie ontvang nie.
Die spesiale raad van die streek het besluit om na Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor, op te ruk en om in die week van die nasionale en provinsiale verkiesings ’n omvattende staking uit te roep.
Die datum vir die verkiesing is nog nie vasgestel nie, maar aanduidings is dat dit in Mei gehou gaan word.
Vroeër vandeesweek is berig die ANC oorweeg voorstelle om ’n belang in Eskom te verkoop om kapitaal te kry, en om die staatsbeheerde kragmonopolie in drie afsonderlike sake-ondernemings te verdeel: ’n kragopwekker, transmissielyn-operateur en ’n plaaslike kragverspreider.
Eskom skuld banke nou al meer as R419 miljard, en die nasionale energiereguleerder (Nersa) hou tans openbare sittings oor Eskom se aansoek om sy tariewe met 15% per jaar te verhoog oor die volgende drie jaar.
Pres. Cyril Ramaphosa het beloof ’n aankondiging oor hoe Eskom gered kan word sal binnekort, na verwagting tydens sy staatsrede volgende week, gedoen word.
’n Staking van die NUM en die metaalwerkersvakbond Numsa verlede jaar oor lone het Eskom byna verlam en tot ’n nuwe reeks landwye kragonderbrekings gelei. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie