Kragonderbreking lei tot chaos

Tanja Bause
Tanja Bause – Windhoek en omliggende gebiede het gister van 12:56 af ’n kragonderbreking beleef.

Volgens ’n verklaring wat NamPower uitgereik het, is die kragonderbreking deur ’n gebreekte geleier by die Hoffnung-substasie, 18 kilometer oos van Windhoek, veroorsaak.

Dit het ’n kortsluiting by die Van Eck-kragstasie teweeggebring, wat die kragtoevoer na Windhoek en omliggende gebiede beïnvloed het.

Die kragtoevoer na die stad is teen 14:14 weer herstel, terwyl die herstel van kragtoevoer na Finkenstein, Hoffnung en omliggende gebiede langer gevat het.

NamPower het die publiek gewaarsku om alle kraglyne en elektriese punte te alle tye as lewendig te beskou, aangesien kragtoevoer sonder enige kennisgewing herstel kan word.

NamPower het verskoning gevra aan sy kliënte en die publiek vir enige ongerief weens die voorval.

Windhoek se strate was weens die kragonderbreking oor die etensuur in chaos gedompel.

Mnr. Nico Ruiters het die verkeer op die hoek van Mandume Ndemufayorylaan en dr. Frans Indongostraat gereguleer.

“Ek het die verkeerschaos gesien en besluit ek moet ingryp. Ek het ’n weerkaatsende jas aan en het geweet mense sal my respekteer en gehoorsaam,” het hy gesê.

Die meeste winkels in die Wernhil Park-winkelsentrum was weens die kragonderbreking gesluit. ’n Werker by ’n klerewinkel het gesê die onderbreking was baie sleg vir besigheid.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!