Kragonderbreking op Mariental duur voort
Inwoners van Mariental is vir nog 'n dag sonder krag, nadat vyf transformators gister deur weerlig by die Hardapskema raakgeslaan is. Volgens die munisipaliteit op die dorp moet die nuwe transformator wat verlede week in Aimablaagte opgestel is, ook vervang word. Die munisipaliteit sê in 'n verklaring tegnici van NamPower sowel as van die munisipaliteit is onverpoos besig om aan die probleem te werk. Dit is egter onmoontlik om te bepaal wanneer die kragtoevoer weer herstel sal word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie