Kragtariewe: SA verwag groot skok in 2019
R31,105 miljard, oftewel R8,173 miljard per jaar oor vier jaar, gaan van “standaardtarief-gebruikers” in die buurland verhaal word.
Hanlie Stadler – Suid-Afrikaners gaan van 2019 drie jaar lank enorme stygings in kragtariewe trotseer omdat munisipaliteite dalk byna 20% méér vir krag sal moet betaal.
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Eskom in Junie toestemming gegee om R32,69 miljard oor die volgende vier jaar in te vorder, maar het nou bekend gemaak hóé en oor watter tydperk die geld verhaal kan word.
R31,105 miljard, oftewel R8,173 miljard per jaar oor vier jaar, gaan van “standaardtarief-gebruikers” verhaal word. Dit sluit munisipaliteite in.
R1,585 miljard, oftewel R396 miljoen per jaar, gaan verhaal word deur die onderhandelde prysooreenkomste met groot kragverbruikers (soos myne en fabrieke) en van internasionale klante. Verskeie van Suid-Afrika se buurlande koop krag van Eskom.
Die kragkenner Chris Yelland sê op Twitter die R31,105 miljard beteken ’n styging van 4,41% in die tariewe wat Eskom van munisipaliteite mag vra.
Dié 4,41% per jaar vir vier jaar lank is egter bo en behalwe die normale styging in tariewe, wat nog nie vasgestel is nie. Dit verteenwoordig slegs die verhaling ingevolge die gereguleerde agterskotrekening-aansoeke (RCA).
Wat normale tariefstygings betref, het Eskom aansoek gedoen om ’n styging van 15% oor die drie jaar van 2019. Nersa het nog nie dié aansoek oorweeg nie.
Eskom het vanjaar aansoek gedoen om R66,6 miljard in te vorder vir die drie jaar van die 2014-’15-boekjaar.
Op die openbare sittings vir Eskom se RCA het Muzuvukile Mkhize van Nersa uitgevaar teen Eskom se swak beplanning en hoë koste.
Onder die redes waarom Eskom nie sy boeke kon laat klop met die tariefverhogings wat wel goedgekeur is nie, is die gesloer – en gepaardgaande kostestygings van miljarde rande – met die bouwerk van die nuwe kragstasies Kusile en Medupi. Daarby het die trae ekonomie meegebring dat minder krag verkoop is as wat verskaf is.
Nersa het in sy Junie-verklaring gesê daar is groot gebreke met korporatiewe beheer by Eskom en hy oorweeg dit om ondersoek in te stel daarna.
Intussen het Eskom ook ’n hofgeding begin teen die 5,23%-verhoging in sy tariewe wat Nersa vir die boekjaar van April 2018 goedgekeur het. Eskom het 19,9% gevra.
Munisipaliteite se kragtariewe word ook deur Nersa goedgekeur. Die stygings van Eskom se tariewe, asook die instandhouding van munisipale kraginfrastruktuur en personeelkoste, word daarby ingereken. Munisipale kragtariewe styg jaarliks in Julie.
Volgens Statistieke Suid-Afrika is verbruikers se besteding aan krag en ander brandstof vir huishoudelike gebruik nou 7,8% meer as in 2017.
Hoe RCA werk
Eskom moet by Nersa aansoek doen om die styging in sy tariewe, wat hy vooruit vir drie jaar doen. Dit word gegrond op beramings oor Eskom se koste en inkomste uit kragverkope.
Indien daar ’n groot verskil is tussen Eskom se geraamde syfers en dit nie sy koste dek nie, mag die nutsmaatskappy agterna ingevolge die RCA aansoek doen om daardie tekort te verhaal.
Die RCA word gewoonlik jaarliks gedoen, maar die aansoeke het opgehoop, onder meer weens hofsake wat gebring is om Eskom te dwing om sekere aannames waarop hy sy aansoeke grond, openbaar te maak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie