Kragtige aardbewing tref Venezuela

Die aardbewing is ook op die Karibiese Eilande naby die Venezuela-kus gevoel.
’n Kragtige aardbewing Dinsdagmiddag van 7,3 in Venezuela het nie grootskaalse skade aangerig nie.

Die Amerikaanse geologiese agentskap (USGS) sê die aardbewing het sowat 85 km diep voorgekom, wat waarskynlik die impak daarvan op die oppervlak verminder het, berig NBC News.

Werkers in die hoofstad, Caracas, het spoedig geboue ontruim maar telefoon- en internetdienste is onderbreek.

The New York Times berig Néstor Reverol, minister van binnelandse sake, het in ’n televisie-uitsending gesê geen sterfgevalle is tot dusver aangemeld nie.

Hy sê vyf provinsies word geraak en die regering het reeds 20 000 nooddienswerkers in die gebiede ontplooi.

Reverol sê in Caracas is skade aan die boonste vloere van die onvoltooide David’s Tower-wolkekrabber aangerig en die gebou leun nou kant toe.

Irald Cabrera (34), ’n tolk van ’n toermaatskappy in Güiria, wat verder oos aan die noordelike kus geleë is, het aan CNN gesê die aardbewing het sowat ’n minuut geduur, met drie naskokke wat kort opmekaar gevolg het.

“Die naskokke was sterk en ons was bang.”

Die aardbewing is ook op die Karibiese Eilande naby die Venezuela-kus gevoel. Inwoners van Trinidad en Tobago het ook video’s aanlyn gedeel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!