Kragverspreider gedagvaar
Van verskeie oproepe deur die gemeenskap dat ’n substasie “oop” was en ’n gevaar vir kinders ingehou het, het glo dadels gekom.
Henriette Lamprecht – ’n Ma van Mondesa op Swakopmund dagvaar die Erongostreek se kragverspreider ná die dood van haar minderjarige dogter.
Theonese Anthea Simon is in Mei 2016 by ’n substasie in die woonbuurt doodgeskok.
Me. Chamendy Swartbooi dagvaar Erongo Red vir meer as N$5 miljoen vir algemene skadevergoeding vir pyn en lydig, asook vir haar dogter se begrafniskostes.
Volgens hofstukke is Theonese omstreeks 12:00 op 24 Mei 2016 in Erf 3107 in Xaibstraat in Mondesa doodgeskok.
Haar dood is glo weens growwe nalatigheid veroorsaak en omdat Erongo Red die substasie nie te alle tye voor die voorval onderhou het nie.
Van verskeie oproepe deur die gemeenskap dat die stasie “oop” was en ’n gevaar vir kinders ingehou het, het glo dadels gekom.
Na bewering is geen kennisgewings aangebring om mense en kinders van die gevare te waarsku nie.
“Die verweerder het ’n sorgsaamheidsplig teenoor almal in die Xaibstraat- munisipale gebied, en veral teenoor kinders wat hier verbyloop of speel, om te verseker hulle word nie aan enige skadelikhede blootgestel nie,” lui die hofstukke.
Die verweerder het volgens die stukke glo nie daarin geslaag om al die stappe te doen wat ’n redelike mens in die omstandighede sou doen om te verseker lede van die publiek en veral kinders word nie beseer nie.
Volgens ’n getuie, me. Maria Jass, het sy ’n klagte oor die substasie langs haar huis ingedien.
Jass sê die substasie is voor die voorval as stortingsterrein en openbare toilet gebruik.
Sy sê voorts in hofstukke sy het verskeie kere by die kantoor van ene mnr. Geingob as hoof van Erongo Red se onderhoudsafdeling om hulp gaan aanklop.
Hoewel sy hom nooit self ontmoet het nie, sê Jass sy het die kwessie van die substasie verskeie kere telefonies met Geingob bespreek.
Swartbooi se skadevergoedingseis sluit N$5 miljoen vir pyn en lyding en N$5 000 vir begrafniskostes in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie