Krakers teiken glo Franse kandidaat
'n Kuberaanval op Emmanuel Macron kan word verbind met die aanvalle op Hillary Clinton en Angela Merkel verlede jaar.
Die verkiesingsveldtog van Emmanuel Macron, die gunstelingkandidaat in die Franse presidentsverkiesing, is deur ’n kuberspioenasiegroep geteiken wat blykbaar ’n verbintenis met die Russiese militêre intelligensiegroep, GRU, het.
Feike Hacquebord, ’n navorser van die veiligheidsmaatskappy Trend Micro, sê hy het bewyse gevind dat die spioenasiegroep, wat Pawn Storm gedoop is, die Macron-veldtog met e-pos-uitvissing geteiken het en probeer het om spioenasiesagteware op die veldtog se webwerf te installeer.
Hy sê digitale “vingerafdrukke” het die Macron-aanvalle verbind met die aanvalle op die Amerikaanse Demokratiese nasionale komitee van Hillary Clinton en die party van dr. Angela Merkel van Duitsland verlede jaar.
“Ons het gesien dat uitvissingswebwerwe (phishing) geskep is en die ‘vingerafdrukke’ wys dit is eintlik dieselfde rolspelers as in die VSA-geval,” sê Hacquebord.
Rusland ontken inmenging in Macron se veldtog.
Veiligheidskenners sê Pawn Storm wag eers ’n ruk voordat hy gesteelde dokumente en inligting laat uitlek.
’n Kuberkrakery van Macron se veldtog sal waarskynlik min uitwerking op die Franse presidentsverkiesing op 7 Mei hê.
As dokumente wel gesteel is, kan dit Macron wel ondermyn as hy tot president verkies word.
’n Woordvoerder van die Franse regeringsagentskap vir kuberveiligheid het die aanvalle op die Macron-veldtog bevestig, maar wou nie sê of Pawn Storm betrokke is nie.
“Wat ons kan bevestig, is dat dit Pawn Storm se tipiese werkwyse is. Ons kan die skuld egter nie op iemand pak nie, want die bewyse kan maklik gemanipuleer word en die aanvaller kan voorgee om iemand anders te wees,” sê die woordvoerder.
Die Macron-veldtogspan was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.
Macron, ’n liberale internasionalis, is krities oor Rusland se buitelandse beleid.
Hy kom te staan teen die verregse Marine le Pen, wat lenings by Russiese banke het en ten gunste is van ’n beter verhouding met Rusland.
Hacquebord sê Pawn Storm het in Maart en April vier vals e-pos-uitvisrekeninge geskep om Macron se “En Marche!” aan te val.
Die aanvalle is gedoen op rekenaars in lande soos Frankryk en Brittanje.
Pawn Storm, een van die oudste kuberspioenasiegroepe ter wêreld, is ook al APT28 en Sofancy genoem.
CrowdStrike, ’n veiligheidsmaatskappy, sê die groep is dalk verbind met die Russiese militêre intelligensiegroep GRU.
Ander Amerikaans-gebaseerde veiligheidsgroepe, soos Dell ¬SecureWorks, FireEye en -ThreatConnect, het ook al die moontlike verbintenis bevestig.
“Watter kuberkrakers? Van waar? Waarom Rusland?
“Dit herinner my aan die bewerings deur die VSA wat nou nog in die lug hang en diegene wat sulke bewerings maak geen guns bewys nie,” sê Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder. -Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie