Kratzplatz Diamond Run - Ons gee terug
Musiekoptredes deur bekende kunstenaars, ’n unieke vertoning van motorfiets-waagtoertjies, kraampies en vele pryse, insluitend ’n eg Namibiese diamant, is wat besoekers tydens die jaarlikse Kratzplatz Diamond Run op Lüderitz kan verwag.
Die Kratzplatz Diamond Run wat al die afgelope nege jaar aangebied word, sal vanjaar vanaf 12 tot 15 Junie by Kratzplatz op die hoek van Berg- en Nachtigalstraat op Lüderitz plaasvind.
Die groot byeenkoms wat elke jaar deur motorfietseienaars van beide Namibië en Suid-Afrika bygewoon word, is ’n geleentheid om geld in te samel in ’n poging om oumense, gestremdes asook behoeftige mense in die gemeenskap van die kusdorp by te staan.
Volgens die organiseerder, me. Monica Kratz, wil hulle vanjaar se geleentheid groter en beter as die voriges maak.
“Ons beplan om ’n vertoning van uitdagende motorfiets-waagtoertjies te hou. Dit sal deur Extreme Stunts wat al die pad vanaf Pretoria kom, aangebied word. Dit sal een van ons groter trekpleisters wees,” het sy gesê.
Kratz sê die byeenkoms het baie gewild geword weens die musiekoptredes uit die boonste rakke wat elke jaar aangebied word.
Vanjaar se kunstenaars is die country/rocklegende Brian Finch van Prince Albert, Patrick Spence van Walvisbaai en Alfred Hürten van Windhoek. Die musiekgroepe Just Jack en Sticks & Stones tree ook op.
Volgens Kratz sal daar ook verskeie kraampies wees wat vars oesters, seekos, geroosterde hoender, pizzas en worsbroodjies verkoop.
“Ons het selfs ’n tatoeëerkunstenaar vir dié wat belangstel,” het sy gesê.
Kratz sê hulle verwag ongeveer 150 tot 200 besoekers van so ver as Durban, Johannesburg, Kaapstad en van plaaslike dorpe soos Omaruru, Swakopmund en Keetmanshoop.
Tydens die Diamond Run sal daar pryse uitgedeel word vir onder meer die eerste besoeker wat by die terrein opdaag, dié wat die verste gereis het, asook die klub wat die meeste verteenwoordigers by die geleentheid het.
“Ons het groot pryse wat tydens ’n gelukstrekking op die spel is. Die eerste prys is ’n diamant wat deur Namdeb geborg is en die tweede prys is ’n Engel-vrieskas, wat deur Cymot geskenk is,” het sy gesê.
Kratz sê die doel van die geleentheid is om voortdurend ’n verskil in die gemeenskap te maak deur aan die behoeftiges ’n tikkie blydskap te bring.
“Ons wil ook hê mense regoor Namibië en Suid-Afrika moet bewus gemaak word van wat ons pragtige dorp bied,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie