Kreatiwiteit, gesondheid en geld
Hoe kan kreatiwiteit vir sukses en groei in besighede en loopbane ingespan word?
Wat moet jy in die huidige ekonomiese en politieke toestande met jou geld doen, en wat is die vierde nywerheidsrevolusie in gesondheidsorg?
Momentum Namibia, in samewerking met Labour Consulting Group cc en die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF), het drie kenners genooi om Namibiërs hieroor toe te spreek: Die bekende ekonoom Dawie Roodt, dr. Kobus Neethling, president van die Suid-Afrikaanse Stigting vir Kreatiwiteit, en prof. Dion du Plessis van Private Healthcare Systems.
Roodt sal op 21 Augustus van 16:00 af onder meer oor internasionale en plaaslike ekonomiese neigings gesels en ook kreatiewe gedagtes deel oor wat die beste is om met jou geld te doen.
Neethling sal onder meer praat oor hoe om ‘n kultuur van skeppendheid in jou besigheid te vestig omdat dit ‘n fundamentele rol in die voortgesette sukses en groei in besighede, praktyke of loopbane in die moderne wêreld het.
Neethling word as ‘n leier in kennis oor kreatiwiteit beskou en het veral bekendheid verwerf toe hy destyd genooi is om Nelson Mandela se personeel op te lei.
Kort ná Mandela as die eerste president van ‘n nuwe, demokratiese Suid-Afrika verkies is, moes hy dié mense leer oor die belangrikheid van skeppendheid en vernuwing in ‘n nuwe Suid-Afrika.
Du Plessis sal sy gedagtes oor gesondheidsorg se hede en toekoms deel en onderwerpe soos die vierde nywerheidsrevolusie in gesondheidsorg, die ontwrigting van gesondheidsorg in die wêreld en wêrelddeurbrake deel.
Hy word as ‘n uitsonderlike mediese navorser beskou en is een van die bekendstes in sy veld.
Hy sal in Windhoek ook oor die sogenaamde “vuca-wêreld” gesels, wat verwys na die voorkoms van wisselvalligheid, onsekerheid, ingewikkeldheid en dubbelsinnigheid in die wêreld van gesondheidsorg.
Die geleentheid vind by die Windhoek Buitekluboord en Kasino plaas en sal tot 19:00 duur.
Toegang kos N$500 per persoon en en sluit verversings in.
Vir verdere besonderhede, kontak Rolly en Maggie de Klerk by 081 124 7373 en 081 259 6532.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie