Krediet het nie brieke
Jan Alleman se totale bankskuld het verlede jaar met meer as N$4,2 miljard gestyg.
Jo-Maré Duddy - Verbruikers se feesjol het hul oortrokke rekeninge, kredietkaartskuld en persoonlike lenings in Desember met byna N$150 miljoen opgejaag.
Bankbestuurders se drumpels is veral vir oortrokke rekeninge deurgetrap en teen maandeinde was verbruikers sowat N$91 miljoen dieper in die rooi.
Syfers wat deur die Bank of Namibia (BoN) vrygestel is, toon verbruikers het in die 12 maande van 2016 hul skuld vir persoonlike lenings, kredietkaarte en oortrokke rekeninge in totaal met meer as N$1 miljard verhoog. Gevolglik het hulle teen die einde van jaar sowat N$4,6 miljard se persoonlike lening- en kredietkaartskuld gehad, terwyl hul oortrokke rekeninge in totaal N$2,9 miljard oorskry het.
Dit is 18,8% en 11,1% onderskeidelik hoër as aan die einde van 2015. Daarteenoor was die jaarlikse gemiddelde inflasiekoers vir 2016 net 6,7%.
Teen die einde van 2016 het verbruikers se totale bankskuld sowat N$50,05 miljard beloop, nagenoeg N$4,2 miljard of 9,3% meer as Desember 2015. Die meeste hiervan – 67% of bykans N$33,6 miljard – was verbandlenings. Dié lenings het met 9,5% teenoor 2015 gestyg.
Verbruikers het verlede jaar bykans N$558 miljoen se paaiementskuld aangegaan om nie-produktiewe bates soos voertuie aan te koop. Teen die einde van 2016 het hul totale paaiementskuld op amper N$7,5 miljard gestaan. Dit verteenwoordig 'n styging van net 8,1% teenoor die vorige jaar, iets waaroor die BoN waarskynlik in sy noppies is.
Vergeleke met verbruikers het die sakesektor hul kredietrieme dunner gesny. Dié sektor se totale bankskuld het met bykans N$2,8 miljard of 8,5% toegeneem en het teen die einde van Desember sowat N$35,3 miljard beloop.
Totale verbandlenings het in die jaar onder oorsig met 6,3% gegroei en was bykans N$10,5 miljard. Lening- en kredietkaartskuld was 7,3% hoër en het op sowat N$4,8 miljard gestaan. Oortrokke rekeninge van bykans N$7,9 miljard was 6,2% meer as aan die einde van 2015, terwyl paaiementskuld met 0,7% tot amper N$5,2 miljard opgekruip het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie