Kreef, jou ou lekker ding!

Ronelle Rademeyer
Van 25 tot 30 April is vrolik fees op ­Lüderitz gevier.

Die 12de jaarlikse Kreeffees by die Waterfront Harbour Square was volgens die fees se administratiewe beampte, me. Gilda Shawa, weer eens 'n groot sukses.

Buiten talle kos- en ander stalletjies, is 'n vrouebemagtigings­konferensie, sakekonfe­rensie, Clash of the Choirs-gospelfees en Spin City-motorwedren gehou.

Besoekers kon aan kreef en ander seekos, asook verskeie tradisionele disse soos mopaniewurms, mahangu-­disse, afval, roosterkoek en kapana weglê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer