Ku00earel steek glo eksmeisie dood
Ku00earel steek glo eksmeisie dood

Kêrel steek glo eksmeisie dood

Tanja Bause
Mnr. Morgan Plaatjie wat tereg staan op die moord op sy eksmeisie, het gister sy eerste verskyning in die landdroshof op Keetmanshoop gemaak. Die voorval het Saterdag omstreeks 02:30 in Tseiblaagte op dié dorp plaasgevind.

Volgens adj.komm. Chrispin Mubebo was die slagoffer, die 38-jarige me. Yvette Louw, saam met haar kêrel in haar huis toe Plaatjie hulle na bewering aangeval het.

“Hy het haar verskeie kere met die mes gesteek. Louw se kêrel is ook raakgesteek. Hy is in die hospitaal opgeneem en is reeds ontslaan.”

Louw en Plaatjie was in ’n toksiese verhouding en Louw het ’n beskermingsbevel teen die verdagte bekom. Volgens die beskermingsbevel mag hulle nie mekaar se persele besoek nie. Plaatjie bly in aanhouding en die saak is tot 13 Augustus uitgestel. Hy het nie om borgtog aansoek gedoen nie.

Saterdag om 21:30 is die 22-jarige mnr. Charl Renton op die plaas Uitstel naby Rehoboth deur sy oom doodgesteek, luidens die Namibiese polisie se misdaadverslag. Die twee mans het glo baklei toe Renton in die bors gesteek is. Hy is op pad na die hospitaal dood. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

VERDRINKING

’n Agtjarige seun het Saterdag omstreeks 14:00 in die Omatale-nedersetting in die Mangeti-gebied in ’n dam verdrink. Na bewering het twee seuns van onderskeidelik agt en ses jaar oud na die dam gegaan om water te gaan haal. Sakeus Hamukwaya het in die dam geval en verdrink. Die sesjarige het huis toe gehardloop en hulp gaan soek, maar hulle was te laat om hom te red.

VERKRAGTING

’n Dertienjarige meisie is Saterdag omstreeks 13:00 in die Ondjengo-nedersetting in die Ohangwenastreek deur ’n 25-jarige man verkrag. Die man het glo vir die meisie na die bosse gelok, haar klere verwyder en verkrag. Die man is in hegtenis geneem.

VEEDIEFSTAL

’n Onbekende aantal verdagtes het Vrydag op die plaas Mersa in die Aranos-omgewing vier skape ter waarde van N$8 000 geslag. Die eienaar het slegs die velle en koppe in die kamp gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Vrydag om 09:00 het twee verdagtes by ’n kraal in die Otjitambi-nedersetting op Ehomba ingegaan en ’n koei en haar kalf gesteel. Die geskatte waarde van die koei is N$8 000 en die kalf N$2 500. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!