Krematorium buite werking
Die Windhoekse munisipaliteit sê die krematorium in die hoofstad is weens "tegniese foute" buite werking. Volgens 'n verklaring deur die munisipaliteit is tegnici besig om die foute te probeer herstel. Volgens die stadsvaders sal die publiek ingelig word wanneer dit weer in 'n werkende toestand is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie