Krematorium gesluit wat as met sement vervang
Owerhede in Colorado het die dienste van ’n begrafnisondernemer en krematorium vir ’n onbepaalde tyd opgeskort omdat ’n vrou glo liggaamsdele wat geskenk word uit dieselfde gebou verkoop.
In ’n bevel wat Maandag deur die kantoor vir die registrasie van begrafnisondernemers en krematoriums uitgereik is, is alle bedrywighede by die Sunset Mesa-begrafnisondernemers opgeskort.
Dít volg na dit aan die lig gekom het die oorskot wat veras en aan ’n donateur teruggee is, is eintlik sement en nie as nie, nadat dit deur die familie nagegaan is. Die stappe wat teen Sunset Mesa en sy eienaar, Megan Hess, geneem is, volg ná ’n klopjag deur die FBI verlede week.
Die klopjag is uitgevoer nadat in Januarie berig is oor beweerde aktiwiteite by Sunset Mesa-begrafnisondernemers en skenkingsdienste, die Hess- kadawerskenkingsmaatskappy.
Tydens die klopjag het beamptes wat die onderneming deursoek het, ook sakke droë sement gekry, sê die bevel.
Voormalige werknemers van die onderneming het voor die klopjag gesê hulle voel nie gerus oor wat hulle by die onderneming gesien het nie.
Hoewel Hess in 2016 met die media oor haar onderneming gepraat het, het sy sedertien geweier om kommentaar te lewer.
Teen Dinsdagoggend is die onderneming se webtuiste van die internet verwyder en die telefoonnommer is buite werking.
Hess se prokureur, Carol Viner, kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Viner het ook voorheen gevra joernaliste moet hulle daarvan weerhou om Hess se werknemers “vir enige rede” te kontak.
In sy bevel het die Colorado-departement, ’n afdeling van die departement van regulerende agentskappe, bevind Hess het versuim om verpligte verassingsrekords vir ten minste vyf jaar te onderhou en finale verwyderingsrekords van die oorledenes vir ten minste sewe jaar.
Sunset Mesa het ook van lyke ontslae geraak voordat die nodige permitte verkry is, lui die bevel.
Verlede maand is berig hoe voormalige werknemers beweer lyke wat geskenk word, word opgekap en verkoop.
Staatsowerhede het Dinsdag gesê die opskorting het slegs betrekking op die begrafnisonderneming en krematorium en dat die kantoor nie regulerende gesag oor die skenkingsdienste en die kadawerskenkingsmaatskappy het nie.
Reuters kon nie bevestig of die kadawerskenkingsmaatskappy steeds oop is nie, en die telefoonnommer is ook buite werking.
Geen Amerikaanse staatswet beheer die handel in lyke of liggaamsdele vir gebruik in navorsing en opvoeding nie en baie min wette, insluitend dié in Colorado, gee enige leiding in die verband. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie