‘Kriminaliseer roekelose Covid-gedrag’
Die hoof van die polisie voel daar moet wetlik opgetree kan word teen geïnfekteerde mense wat ander blootstel.
Ronelle Rademeyer - Diegene wat nie gehoor gee aan die reëls en tuis in afsondering op toetsuitslae wag as hulle weet hulle het moontlik Covid-19 onder lede nie, se optrede behoort gekriminaliseer te word.
Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê sulke gedrag stel lewens in gevaar.
“Mense kan aan uiterse ongerief blootgestel word en om hul lewe veg as hulle siek word, of selfs sterf. My mening is dat sulke optrede gekriminaliseer moet word,” het hy aan Republikein gesê.
Die polisiebaas is self tans in selfkwarantyn in afwagting van die toetsuitslag van ’n gesinslid wat moontlik aan die coronavirus blootgestel was .
“Die mens is ’n anderste soort dier. Hy vind altyd maniere om reëls te omseil. Daarom dink ek die minister van justisie en die prokureur-generaal moet, as hulle dink dit is gepas, mense wat ander se gesondheidstatus bedreig, krimineel vervolgbaar maak,” sê Ndeitunga.
Hy sê hy weet dit sal moet moontlik wees om te bewys iemand het die voorneme gehad om ander in gevaar te stel, wat vervolging en skuldigbevinding moeilik maak. “Ek dink dit is steeds die moeite werd om oorweging te skenk aan die kriminalisering van roekelose gedrag.”
Hy het dié opmerkings gemaak in ’n telefoniese onderhoud oor die monitering van gliproetes waarlangs mense in en uit die Erongostreek beweeg en die inperkingsreëls omseil.
Insp. Ileni Shapumba, bevelvoerder van gemeenskapsake in die Erongostreek, het aan Leandrea Louw van Republikein se kusredaksie gesê minstens 30 motoriste is op grond- en distrikspaaie in die Namibwoestyn voorgekeer en teruggestuur na waar hulle vandaan gekom het.
Hy sê die adjunkminister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Daniel Kashikola, is tydens die besoek van ‘n afvaardiging van adjunkministers aan die Erongostreek na die padblokkades geneem wat verkeer op hierdie gliproetes monitor.
Shapumba sê lede van die polisie en weermag in Erongo se Covid-19-sekuriteitsgroep het hom vergesel. Onder hulle was kapt. Appolos Haimbala, hoof van die marienekorps.
Ndeitunga sê buiten dat mense sonder die nodige reispermitte die gereg deur middel van gliproetes probeer ontduik, was daar ook gevalle waar mense permitte vervals het.
“Ons het voertuie vir beter patrollering van die gliproetes aan die polisie in die streek beskikbaar gestel. Die situasie is onder beheer,” was sy woorde.
Shapumba sê die voorstel was om nie net die C14 en die C26 in die woestyn te monitor nie, maar ook naby aan Windhoek.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie