Kriptogeld fyn bekyk, maar nie gereguleer
Die finansiële wêreld verander vinnig danksy mobiele en internettegnologie. Mense leen deesdae sommer geld by hul eweknieë of hulle kry portuur-versekering.
Voeg daarby kriptogeld, die moontlikheid om WhatsApp te gebruik om geld te bêre, toepassings soos PayPal as 'n eenvoudige manier om aanlyn te koop en Mpesa vir die oorplasing van geld via mobiele toestelle.
Daarom het die Suid-Afrikaanse Reserwebank die FinTech-program begin om beleidmakers by te staan in die formulering van raamwerke om die finansiële omgewing veilig te hou en die breër stabiliteit van die ekonomiese stelsel te verseker.
Dr. Arif Ismail, hoof van die program, sê dit is beslis nie net daarop gemik om bitcoin en ander kriptogeldeenhede te reguleer nie. FinTech gaan ook nie net oor nuwighede soos verspreide legger-tegnologie (DLT), biometrika of kunsmatige intelligensie nie.
“Die Reserwebank beskou dit soos enige ander innovering in die finansiëledienstesfeer met die potensiaal om sakemodelle, toepassings, prosesse of produkte te ontwrig.”
Die FinTech-eenheid moet die ontluikende implikasies ontleed en op 'n gebalanseerde manier benader om die voordele en risiko's te interpreteer ooreenkomstig die Reserwebank se mandaat van finansiële en prysstabililteit, asook monetêre beleid, sê Ismail.
Die eenheid het in Augustus verlede jaar amptelik tot stand gekom.
Voor dié datum het die Reserwebank informele werksgroepe gebruik om verskynsels soos bitcoin te monitor. Die eenheid skakel wel met ander afdelings in die bank.
Volgens Ismail is die eenheid seker hy sal teen die tweede helfte van die jaar taamlik vordering gemaak het om 'n regulatoriese raamwerk – indien dit gepas sou wees – te ontwikkel.
voordele en risiko's
Ismail sê dit word in samewerking met agt banke gedoen om 'n weergawe van interbankverrekening en -vereffenings op 'n DLT te toets. Dit sal die potensiële voordele en risiko's daarvan uitwys.
Verspreide leggers of DL's word gebruik wanneer twee banke of ander partye digitale bates tussen hulle skuif sonder die betrokkenheid van 'n derde party. Die transaksie kan steeds as veilig gewaarborg word op grond van dieselfde data wat vir al die partye sigbaar is.
Die data (enigiets wat jy van papier na digitaal kan oorplaas, soos ID's of titelaktes) is dus op verspreide leggers beskikbaar en nie net op een sentrale punt nie.
Kuberveiligheid is een van die faktore van 'n DLT wat die FinTech-eenheid moet oorweeg, veral as dit in kritieke infrastruktuur is waarvan Suid-Afrikaners afhanklik is (soos in die betalingstelsel).
“As jy na DLT's beweeg en miljoene rande is betrokke en hoëwaardetransaksies word gesluit, hoe veilig en doeltreffend is dit vergeleke met huidige stelsels?”
Die FinTech-span werk nou saam met internasionale beheerliggame soos die Bank vir Internasionale Verrekening en die Finansiële Stabiliteitsraad, waar inligting met ander lande uitgeruil word en daar saamgewerk word om internasionale standaarde te smee.
In September het verteenwoordigers van die Reserwebank en bankseta onder meer Singapoer, Nederland en Swede besoek om hulself te vergewis van ontwikkelinge daar.
Ismail sê plaaslik werk hulle ook nou saam met medereguleerders in 'n werkgroep wat die Raad op Finansiële Dienste (RFD), die tesourie, die Finansiële Intelligensiesentrum en sekere afdelings in die Reserwebank insluit.
Die werkgroep dra onder meer by tot oorwegings oor kriptogeld.
Die Reserwebank is bewus van die talle innovasievoordele om meer mense toegang te gee tot finansiële dienste en is ten gunste daarvan, maar hy moet gebalanseerd te werk gaan, sê Ismail.
“Die Reserwebank is daartoe verbind dat enige regulering in dié verband doelgerig, gepas en in verhouding moet staan tot die regulatoriese doelwitte wat hy nastreef.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie