Kriptogeld: Piramides of ’n bate?
Met bitcoin wat mik na US$10 000 het heelwat vrae ontstaan oor hoe veilig so ‘n belegging is.
Elvira Wood - Wat dink banke, en veral reserwebanke, van kriptogeld?
Gaan hulle bestaande kriptogeld soos bitcoin en ethereum erken en gaan hulle hul eie kriptogeld skep?
Gaan dit die nut van banke wegkalwe, of gaan hulle in die toekoms kan voortbestaan?
Jorge Camarate, vennoot by PwC se afdeling vir finansiële dienste, sê blokkettingtegnologie en kriptogeldeenhede hou nie ’n bedreiging vir die tradisionele bankwese in nie. Trouens, banke kan dié tegnologie inspan om sekere van hul prosesse te verbeter.
Theo Bohnen, blokkettingontwikkelaar by The Foundry, ’n afdeling van Rand Merchant Bank, stem saam banke kan blokkettingtegnologie tot hul voordeel gebruik.
“Omdat die ketting nie vernietig of gewysig kan word nie, kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank saam met alle Suid-Afrikaanse banke dus ’n private ketting skep om alle transaksies tussen hulle te hanteer. Dit beteken daar sal dan ’n akkurate rekord van alle transaksies tussen hulle wees, wat tans net met groot moeite en ingewikkelde prosesse opgestel kan word.”
Die SARB sê in sy amptelike verklaring oor hoe hy kriptogeld sien, hy wil eers goed verstaan hoe dit werk voordat hy besluite neem. Dié dokument is egter reeds in 2014 gepubliseer.
Res van die wêreld
Bloomberg berig reserwebanke oor die wêreld heen se siening oor kriptogeld wissel van baie konserwatief tot innoverend.
Een van die wêreld se bekendste reserwebanke, die Federale Reserweraad (Fed) in die VSA, is volgens Bloomberg nog nie baie entoesiasties om sy eie kriptogeld te skep nie.
Jerome Powell, die nuwe voorsitter van die Fed, het voorheen gesê die “bestuur en risikobestuur [van kriptogeld] gaan baie belangrik wees”.
Hy sê ook daar is groot uitdagings vir ’n reserwebank om ’n kriptogeldeenheid te skep, veral wanneer dit by privaatheid kom.
Die Europese Sentrale Bank is ook versigtig en waarsku geldeenhede soos bitcoin is “tulpe”.
Dit is met verwysing na toe tulpe in die 17de eeu soos geld gesien is. Dié mark het egter in duie gestort.
Nie alle Europese lande is so konserwatief nie.
Die reserwebank in Nederland het reeds sy eie kriptogeldeenheid genaamd DNBcoin geskep.
Hy gebruik dit egter nog net intern om hom te help verstaan presies hoe blokkettingtegnologie werk.
Daar is egter baie meer konserwatiewe sienings soos Indië wat bloot alle kriptogeld tans verbied en verhandeling daarin as onwettig bestempel.
Elvira Nabiullina, goewerneur van die Russiese reserwebank, noem kriptogeld ’n “piramideskema”.
“Ons is heeltemal gekant teen private geld, of dit nou fisies of digitaal is.”
Banke
Reserwebanke mag dalk nog die kat uit die boom kyk, maar ander banke en kredietverskaffers begin wel dié tegnologie ontwikkel.
Die kredietverskaffer Mastercard het in Oktober gesê hy het sy eie blokketting ontwikkel.
Dié blokketting is spesifiek ontwikkel vir betalings tussen sakeondernemings.
Só werk kriptogeld
Kriptogeld gebruik blokkettingtegnologie.
Blokkettingtegnologie is ’n gedeelde databasis wat homself intyds opdateer en transaksies binne minute verwerk.
Bewyslewering deur ’n derde party word nie vereis nie.
Rekenaar-algoritmes word vir alle transaksies gebruik.
Reuters het in Oktober berig die tegnologiemaatskappy R3 werk saam met 22 van die wêreld se grootste banke om hul eie blokketting te skep.
Dié blokketting sal gebruik word om transaksies met bestaande en enige nuwe digitale geldeenhede tussen banke te doen.
“Natixis glo in die potensiaal van verspreide leêr-tegnologie waar dit kom by betalings wat oor landsgrense heen strek. Ons kyk na verskeie inisiatiewe hiervoor,” sê Frédéric Dalibard, hoof van digitale bankdienste by Natixis.
Natixis is ’n Franse bank wat in Parys gesetel is.
Ander banke wat aan die prototipe werk, wat glo teen die einde van die jaar beskikbaar sal wees, sluit Barclays, HSBC en Commerzbank in. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie