Kroeë, sjebeens op Nuwejaar gesluit
Kroeë en sjebeens wat nie spesiale bedryfslisensies het nie, sal nie op Nuwejaar kan sake doen nie.
Mnr. Edward Khoeseb, woordvoerder van die Windhoekse stadspolisie, het aan Nampa gesê lede van dié mag sal Sondag op die openbare vakansiedag patrolliediens doen om seker te maak die publiek gehoorsaam wetgewing in dié verband.
Hy sê eienaars wat onwettig op dié dag sake doen, sal 'n boete van N$2 000 opgelê word. Indien hulle dan steeds drank aan die publiek bedien en verkoop, sal hulle in hegtenis geneem word.
Die Drankwet van 1998 bepaal kroeë en sjebeens mag nie op Sondae en openbare vakansiedae sake doen nie, tensy die onderneming oor 'n spesiale bedryfslisensie beskik soos in die geval van restaurante en hotels.
Khoeseb het ook 'n beroep op die publiek gedoen om Nuwejaar verantwoordelik te vier en geraasvlakke laag te hou. Hy het mense ook aangeraai om weg te bly van plekke soos rivierbeddings en verlate gebiede waar hulle deur misdadigers oorval kan word.
-Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie