Kroeg oop in Irak nadat Isis verslaan is
Kroeg oop in Irak nadat Isis verslaan is

Kroeg oop in Irak nadat Isis verslaan is

In 'n dorpie wat verwoes is in die oorlog teen die Islamitiese Staat, hang daar tussen verwoeste winkels en huise waarvan daar niks oor is nie, 'n neonlig wat klante lok.

“Welkom” lui die flitsende lig.

Binne is die vloere met matte bedek en die ligte is laag gedraai terwyl talle mans in klein groepies sit en saam bier drink.

In Qaraqosh, omtrent 15 km wes van Mosoel in Irak, is die eerste kroeg wat sedert die oorname en val van Isis-­militante oopgemaak het.

Klante is hoofsaaklike Christene wat terugkeer huis toe nadat hulle drie jaar gelede moes vlug toe daar aan hulle 'n ultimatum gestel is: Betaal 'n boete, aanvaar Islam of word tereggestel.

Van die klante in die kroeg is Moslems wat die vryheid geniet om te drink en rook, iets wat nie toegelaat was onder die Islamitiese Staat nie.

Die Moslem- en Christen-klante kom na die kroeg toe ten spyte van die harde realiteite van die onlangse konflik.

Die gesprek word vinnig in die rigting van die oorlog en die gevolge daarvan gestuur.

“Dit is moeilik om te vergeet dat daar tot nou toe nog mense is wat onder die bourommel lê,” sê Abu Khalid, 'n 45-jarige Moslem van Mosoel wat die middag 'n bottel suurlemoengegeurde vodka saam met twee van sy vriende drink.

“Hoekom drink ons? Om van ons probleme te vergeet. Dit maak ook die tong los,” sê hy in sy tradisionele Arabiese uitrusting.

Irak het verlede week verklaar dat hy Isis se magte in die stad verslaan het, maar dit sal langer neem om te herstel van die Islamitiese Staat se besetting van die gebied.

Baie mense het familielede, huise en besighede in die oorlog verloor en versoening in gemeenskappe is 'n uitdaging.

– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!