Kroegdame onseker oor toekoms
Ma van drie het geen hoop nie en is bang dat sy ná inperking werkloos gaan wees.
Tanja Bause - 'n Ma van drie wat vir die afgelope tien jaar as 'n kroegvrou by 'n klub in Windhoek werk, is raadop en moedeloos.
Me. Moreen Christiaans is bekommerd oor haar skuld wat begin ophoop en huur wat sy nie meer kan betaal nie weens die verbod op die verkoop van alkohol wat deur die regering nou tot 2 Junie verleng is.
“Ek sal my basiese salaris vir April kry, daarna sal ek niks kry nie, want die kroeg is toe en kry ook geen inkomste nie. Ek was altyd so trots dat ek van my salaris en fooitjies vir myself en my kinders kon sorg. Ek het nooit my familie om hulp moes vra nie. Nou moet ek my familie in die oë kyk en bakhand staan om kos vir my kinders te kan koop. Ek is baie skaam.”
Volgens haar kan sy ook nie planne maak nie, want sy weet nie wanneer die kroeg weer toegelaat sal word om te heropen nie en of sy dan wel nog 'n werk sal hê.
“As ek my werk verloor, weet ek nie waar ek ander werk sal kry nie. Veral nie nou nie, aangesien soveel mense hulle werk gaan verloor. Maar ons het by die kroeg alles van die begin af reg gedoen. Ons het onmiddellik handreinigers vir die mense gegee. Ons het sosiale afstand toegepas. Ons sal almal maskers dra as die president dit vereis. Solank ons net kan werk en 'n inkomste kan verdien.”
Sy moet haar huur, polisse, haar kind se kleuterskool, die babaoppasser en vir kos betaal.
“Alhoewel die kinders nou by die huis is, soek almal nog hulle geld, al kry ek geen salaris nie. Ek het ook vir my ouma gesorg – iets wat ek nou nie meer kan doen nie.”
Sy het die N$750 van die regering ontvang en kos en babamelk gekoop.
“My kaste was leeg en ek het gebid toe die geld ingekom het. Ek is onmiddellik winkel toe en het kos gaan koop, maar die kos gaan my ook nie maande lank hou nie en wat dan?
“Ek het nou van die klub waar ek werk ook kos gekry, maar hulle het ook geen inkomste nou nie en sal ook nie vir my en die ander kroegmanne vir 'n paar maande kan onderhou nie. Ek kan dit nie verwag nie.”
KOMMER OOR HUURBETALING
“Ons het nog nie een sterfgeval gehad nie en nog steeds mag ek nie gaan werk nie. Is dit omdat dit nou so in Suid-Afrika gedoen word en ons moet hulle volg? Die volgende stap is ek gaan my woonplek verloor aangesien ek nie huur kan betaal nie en op straat gaan beland. Wat doen ek dan en wie help my dan?
“Die ergste is ek het 'n werk gehad, ek kon vir my familie sorg, ek het nooit vir mense vir hulp gevra nie en ek was selfversorgend.
“Ek het van my werk gehou en van die mense vir wie ek bedien het. Nou sonder dat ek iets gedoen het, sonder dat ek gevra is, is my wêreld op sy kop gedompel en my en my kinders se toekoms is donker en onseker.”
'n Man wat graag anoniem wil bly en vir die afgelope vyf jaar in 'n drankwinkel werk, is in dieselfde bootjie.
“Vandat die eerste hoktyd ingestel is, sit ek by die huis. Nie ek of enige van my kollegas het van daar af 'n sent gekry nie. Ons het geen salaris vir April ontvang nie. As daar nie inkomste is nie, hoe kan ons betaal word? Ek weet ook nie of ons nog 'n werk sal hê wanneer die regering uiteindelik besluit ons kan weer oopmaak nie.”
Hy is agterstallig met sy huur, asook talle ander rekeninge.
“Ek kan hulle eenvoudig nie betaal nie. Ek weet nie meer wat om as 'n verskoning te gebruik nie. Baie besighede verstaan, maar ek voel nog steeds baie sleg en weet ook nie hoe ek hieruit sal kom nie, want die skuld raak al hoe meer.”
Volgens hom is krag en water by sy huur ingesluit, maar hy kan nou ook nie meer huur betaal nie.
“Gelukkig ken ek mense wat van my omstandighede bewus is en hulle gee vir my kos. Ek is gelukkig om darem nog kos te hê. Baie van my kollegas het families en kinders en ek dink hulle het groot probleme. Ons het nie vir dit gevra nie; ons wil graag gaan werk. Ons verstaan glad nie hoekom ons nie mag werk nie. Ons is soos enige ander besigheid wat net 'n bestaan wil maak.”
Volgens hom kwalifiseer hulle nie vir die regering se noodinkomstetoelaag van N$750 nie aangesien hulle salaris (sou hulle een ontvang) te hoog is.
“Ons kan nêrens om hulp aanklop nie. Daar is geen hulp of hoop nie.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie