Krokodil eis man se lewe
Omstanders het tevergeefs probeer om 'n 45-jarige man uit die kake van 'n krokodil in die Zambezirivier by Impalila-eiland te red.
Volgens die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Zambezistreek, komm. Karl Theron, het die voorval Saterdag tussen 07:00 en 09:00 by die Kawulu-nedersetting op Impalila-eiland gebeur.
"Die slagoffer het aan sy wonde op pad na die kliniek op die eiland beswyk. Sy liggaam is vir 'n nadoodse ondersoek na die Katima Mulilo-staatshospitaal geneem, het Theron gesê.
"Dit is die vierde krokodilaanval in die Zambezirivier 'n kort tyd. Onlangs het 'n man wat sy kar by die rivier gaan was het, ternouerdood aan 'n krokodilaanval ontkom."
Theron waarsku gemeenskappe langs riviere om versigtig te wees as hulle water gaan skep of hul klere in die rivier gaan was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie