Krotoa is hier!
Die bekroonde fliek Krotoa, uit die pen van Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, wat geskep is deur ’n dinamiese span vroue, met bekroonde filmvervaardiger Roberta Durrant as regisseur en vervaardiger en Crystal-Donna Roberts in die hoofrol, begin op Vrydag 4 Augustus by fliekteaters landswyd wys.
Hierdie merkwaardige drama vertel die storie van ’n vurige 11-jarige Khoi-prinses wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse kolonie en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk.
Sy word na die eerste fort, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is, geneem waar sy grootword as ’n visioenêre jong dame.
Sy verstaan die Nederlandse taal en kultuur uiteindelik so goed dat sy ’n invloedryke tolk vir Van Riebeeck word.
Krotoa (Crystal-Donna Roberts), word dan deur haar eie mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy probeer om die twee kulture te versoen.
Crystal-Donna Roberts, wat naam gemaak het in flieks soos Endless River, Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom en Skeem; asook televisiereekse soos 7de Laan, Montana, Vallei van Sluiers, Getroud met Rugby, Boland Moorde en Byl, vertolk die rol van Krotoa. SAFTA-wenner Armand Aucamp, wat veral bekend is vir sy indrukwekkende vertolkings in Ballade vir ’n Enkeling en Die Boekklub, speel Jan van Riebeeck, terwyl ander gesoute akteurs soos Jacques Bessenger, Doen Lotz, Marcel van Heerden, Roeline Daneel, Brendan Daniels en Ernest St. Clair ook in hierdie boeiende verhaal te sien is.
Krotoa is ’n treffende fliek oor ’n dapper vrou wat alles in die stryd gewerp het om geboorte te gee aan die wonderlike nasie waarvan ons almal vandag deel is. Dit het nie net ’n kragtige boodskap waarmee almal kan vereenselwig nie, maar beloof ook om die kyker op ’n onvergeetlike avontuur te na vervloeë tye te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie