u2018Kruievrouu2019 se borgtog verleng
u2018Kruievrouu2019 se borgtog verleng

‘Kruievrou’ se borgtog verleng

Adolf Kaure
Adolf Kaure op Swakopmund – Landdros Conchita Olivier het Woensdag in die Swakopmundse landdroshof die "kruievrou" van Kramersdorf se saak uitgestel en haar borgtog verleng.

Me. Cheryl Antoinette Green (51) het op 'n klag van die dryf van handel in 'n gewoontevormende middel verskyn, en haar saak is tot 8 Julie vir verdere ondersoek uitgestel omdat laboratoriumuitslae nog uitstaande is.

Green se borgtog van N$5 000 is verleng en borgtogvoorwaardes is aan haar gestel. Dit sluit in dat sy al haar reisdokumente moet inhandig en Swakopmund nie sonder die medewete van haar ondersoekbeampte mag verlaat nie.

Die vermeende daggakweker is op Saterdag 23 Februarie by haar huis in die Kramersdorf-woonbuurt in hegtenis geneem waar 71 daggaplante met 'n beraamde waarde van N$21 104 gevind is, asook daggasade en -olie.

Tydens haar vorige hofverskyning het die beskuldigde gesê sy het die plant slegs vir mediese gebruik gekweek en niks daarvan het haar erf ooit verlaat nie.

Green het ook gesê haar man ly aan ‘n lewensbedreigende siekte en is vir pynverligting van die dagga-olie afhanklik wat sy vervaardig.

Die beskuldigde word deur mnr. Barend van Rensburg verteenwoordig en staatsaanklaer Beata Mwahi verskyn vir die staat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!