Kruisman se kruis weer gesteel
Augetto Graig – Mnr. Martin Esterhuizen se kruis is weer soek.
Esterhuizen is 'n bekende gesig in Namibië. Hy deurkruis Namibië en Suid-Afrika al vir jare met sy houtkruis op sy skouer om die evangelie te verkondig. Hy vertel hy het al ongeveer 57 163 km gestap.
Dikwels maak hy die kruis aan ligpale op straathoeke vir 'n dag of twee vas. Hy het dit weer verlede Woensdag by die vierrigtingkruising naby die Primêre Skool Suiderhof vasgemaak. Hy het daarna 'n begrafnis op 'n plaas naby Stampriet bygewoon. Esterhuizen het Dinsdag terug Windhoek toe gekeer, net om te vind dat die kruis weg is.
“Nou is hy weer weg. Ek het daar rondgekyk en iemand het gesê hulle het die kruis nog Saterdag daar gesien,” sê hy.
Verlede jaar is die kruis ook agter die polisiekantoor in Windhoek se middestad gesteel, maar barmhartige samaritane het dit aan hom terugbesorg ná hulle dit afgevat het by iemand wat dit wou verkoop, vertel hy.
Esterhuizen doen 'n beroep op Namibiërs om hom weer te help.
“Toe dit laas gesteel is, was die storie in die koerant en mense het dit vinnig help opspoor,” sê hy.
Hy kan by 081 225 9456 gekontak word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie