Kruisverhoor van kripvreters
n Gesprek met Waldimar is ’n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek.
In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe na ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.
Hy noem Julius Malema ’n “rassis, diktator en fascis”, die ANC “ ’n spul kripvreters” en oudpres. Jacob Zuma ’n “korrupte, seksistiese politieke tsotsi”.
Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie