Krukke kan maklik faal
Krukke kan maklik faal

Krukke kan maklik faal

Dani Booysen
Van tyd tot tyd verkeer Namibië se openbare gesondheidsdienste op die krukke.

Dit is vir inwoners geen nuus nie.

Meer onlangse onthullings bewys opnuut hoe die stelsel sporadies veel nader aan die intensiewesorgeenheid en selfs die lykhuis huiwer. Waar is die defribilleerders waarmee hierdie lewensnoodsaaklike diens aan die nasie lewendig geskok gaan word?

Weens skuld van tientalle miljoene dollar het Republikein die afgelope Vrydag berig hoedat staatspasiënte reeds vir maande nie heup- of knievervangings kan ontvang nie. Hierdie brose mense moet maar net lê en wag of voort hinkepink.

In dieselfde asem is uit die teaters van ook Windhoek se Sentrale Hospitaal – wat die regering se vertooninstelling van openbare gesondheidsorg moet wees – vertel hoe narkosemasjiene dikwels nie werk nie. Soms is daar nie klerasie vir sjirurge nie of water moet na die teater aangekarwei word sodat artse en verpleegpersoneel hul hande kan was.

As dit so gaan, hoe maklik kan die krukke nie heeltemal onder die stelsel uitgeskop word nie?

Jaar in en uit word verkondig hoeveel vordering opnuut met gesondheidsorg gemaak is. Regtig?

Veral toe dr. Bernhard Haufiku, nog ‘n medikus wat as minister aangestel is, die leisels oorgeneem het, was daar groot afwagting dat toestande met rasse skrede sou verbeter. Dit het op baie vlakke nie gebeur nie.

Gister is elders berig dat in die Noorde al vir maande nie gesondheidspaspoorte beskikbaar is nie.

Blameer dit op die resessie? Soos nou met als gebeur.

Nee! Hier is baie groter en diepliggende probleme ter sprake.

So sê ander

24 Julie 2017

Gee stede 'n kans om self openbare vervoer reg te ruk

Kinders leer op skool dit is die regering se plig om openbare vervoer te voorsien aan die mense van die land as sy bydrae tot onder meer ekonomiese vooruitgang.

Maar die halfhartige manier waarop korrupsie, wanbesteding en swak bestuur by die Passasierspooragentskap (Prasa) en sy filiale gepak word, getuig van die teendeel.

Aan ’n wye front word openbare vervoer in Suid-Afrika tans in ’n groterwordende kuil van vernietiging ingesuig.

Die ANC sal nie die verantwoordelikheid vir openbare vervoer aan die plaaslike regerings wil oordra nie, want hy is te bang hulle wys hulle kan dit beter doen.

Dit is egter ’n kortsigtige, onkundige benadering. Die sakesektor, arbeidsektor en die burgerlike samelewing moet saamspan en voluit deelneem aan die Mededingingskommissie se markondersoek.

Suid-Afrika se kollektiewe lont is tans baie kort. Hoeveel treinwaens moet nog uitgebrand word voordat die regering wakker skrik?

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!