Kry jou Advents-kalender, en wen daagliks pryse
Tanja Bause
Die Lions Advents-kalender is binnekort weer teen N$70 beskikbaar. Dié kalender is reeds die afgelope nege jaar 'n jaarlikse instelling.
Van 1 tot 24 Desember kan 'n totaal van 100 pryse van sowat 90 borge daagliks gewen word.
Elk van die 2 500 kalenders het 'n unieke nommer.
Agter elke dag se deurtjie op die kalender staan die naam van 'n borg en watter pryse gewen kan word.
Die wennommers sal daagliks in Republikein verskyn.
Dit sal ook op die Lions-klub Alte Feste se webtuiste, www.lionsaltefeste.com, te sien wees.
Agterop die kalender is die borge se name en kontakbesonderhede waar wenners hul pryse kan opeis.
Die kalenders is van 27 Oktober af by Windhoeker Buchhandlung, Martin's Lädchen op Omaruru, Otto Günther (064 402 621) op Swakopmund, Uta Eckleben (081 280 6027), die Lions-ouetehuis, en Karin Coelen (081 127 6464) beskikbaar.
In Windhoek sal lede van die Lions-klub Alte Feste van 27 Oktober tot einde November elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 kalenders by die Maerua-leefstylsentrum, die Grove Superspar, Woermann Brock by Ai//Gams en Auas Valley-winkelsentrum verkoop.
Met die geld wat laas jaar deur middel van die kalenderverkope ingesamel is, het die Lions 'n muur om die Bright Star Kindergarten in Katutura laat bou.
Volgens me. Gisela Bruni word die kindergarten deur inbrake geteister en is besluit om 'n groot muur daarom te bou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie