Kry jou appel teen kanker
Bank Windhoek se jaarlikse Kankerappelprojek het vandeesweek vir die 18de keer afgeskop.
Oor byna twee dekades het die projek reeds meer as N$20 miljoen ten bate van kankerpasiënte ingesamel.
Verlede jaar het Namibiërs deur middel van dié projek 'n rekordbedrag van N$3 miljoen aan die Kankervereniging van Namibië (CAN) geskenk.
Tussen 3 000 en 4 000 Namibiërs word jaarliks met kanker gediagnoseer en die doel van die appelprojek is om bewusmaking van die siekte te bevorder en om hoop op herstel aan kankerlyers te bied.
KLINIEKE AANBIED
Geld wat deur die projek ingesamel word, stel CAN in staat om klinieke oraloor die land aan te bied waar Namibiërs vir kanker getoets kan word en ook inligting oor behandeling en maatskaplike ondersteuning kan kry.
Afgesien van appels wat teen N$5 elk by Bank Windhoek-takke beskikbaar is, sluit ander aktiwiteite skoolverkope en 'n entrepreneursuitdaging in.
Dié uitdaging fokus op geldinsamelingsinisiatiewe om ekstra geld vir die projek in te samel.
“Ons kry verskeie navrae van mense wat tot die projek wil bydra, maar nie appels wil koop nie. Om hiermee te help, kan Bank Windhoek-kliënte enige van die bank se elektroniese kanale gebruik om 'n skenking te maak. Bank Windhoek se Kankerappelprojek is ook gelys as 'n begunstigde onder elektroniese betalings aan derde partye,” sê me. Suzette January, wat aan die stuur van die projek staan.
Vir Namibiërs wat nié Bank Windhoek-kliënte is nie, het die bank hande gevat met PayToday en GiveToday as aanlyn platforms vir skenkings.
“Laai die PayToday-toep van Apple Store of Google Play Store af, voltooi die kort registrasieproses en jy sal 'Bank Windhoek Cancer Apple Project' onder die afdeling vir besigheidsbetalings sien.”
Skole bly steeds een van die projek se grootste fokuspunte, en kleuterskole, laerskole, hoër- en gekombineerde skole wat die meeste appels verkoop, sal elk 'n kontantprys ontvang.
N$7 000 is geoormerk vir die eerste plek, N$5 000 vir die tweede en N$3 000 vir die derde plek.
Maerua SuperSpar skenk geskenkbewyse ter waarde van N$5 000 aan die vier wenskole vir die aanskaf van skryfbehoeftes.
Vir meer inligting, kontak January by (061)299 1278 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie